Die DA in die Wes-Kaap prioritiseer slegs kwessies wat bevoorregte witmense raak, het Baleka Mbete, ANC-voorsitter, Saterdag in Bekkersdal aan die Wes-Rand gesê.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 Mei 2014
ANC-voorsitter geskors oor Indiër-uitlatings
Die ANC in KwaZulu-Natal het Saterdag sy takvoorsitter in Chatsworth, Durban geskors nadat ʼn herrie losgebars het oor uitlatings wat hy op Facebook gemaak het.
Meer as 2 000 dood of vermis na modderstorting
Meer as 2 000 mense is na bewering dood na ʼn modderstorting in ʼn afgeleë dorpie in die noordeooste van Afghanistan.
Dewani-beeldpoetser tronk toe
Max Clifford, een van Brittanje se bekendste beeldpoetsers, is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die seksuele aanranding van vier jong meisies.
Video: “Dis tyd vir verandering”
Babas wat in 1994 gebore is, word vanjaar saam met Suid-Afrika se demokrasie 20 jaar oud.
DA: “Suid-Afrika verdien beter”
Suid-Afrika verdien beter, het Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, Saterdag aan duisende ondersteuners by die Coca-Cola Dome in Northgate, Johannesburg gesê.
Klimmer oorleef wonderbaarlik ná val
ʼn 19-jarige man het wonderbaarlik oorleef nadat hy in die omgewing van Cathedral-piek in die Drakensberge, KwaZulu-Natal geval het.
‘Muilbandwet moet grondwethof toe’
Die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting moet na die konstitusionele hof gestuur word voor dit as wet bekragtig kan word, het Sanef Saterdag op Internasionale Persvryheidsdag gesê.
Student veil haar maagdelikheid op
ʼn Amerikaanse mediese student wat haar maagdelikheid op die internet opveil, het nou ʼn foto van haarself uitgereik.
Gepos ná sy hoof skors oor renosterhorings
Die voorsitter van die raad van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) is afgedank nadat sy die agentskap se uitvoerende hoof geskors het oor die diefstal van renosterhorings, berig Saturday Star.
Talle sterf in Oekraïne
Minstens veertig mense is dood nadat ‘n vakbondgebou in die suidelike hawestad van die Oekraïne, Odessa, afgebrand het na pro-Russiese en anti-Russiese betogers in die stad slaags geraak het.
Video: “Geskiedenis moet gedenk word”
Die gewildheid van die jaarlikse militêre- en geskiedenisfees by die Voortrekkermonument wys die geskiedenis moet gedenk word.
Zuma gaan in Nkandla stem
President Jacob Zuma sal op Woensdag 7 Mei in Nkandla, KwaZulu-Natal sy kruisie in die algemene verkiesing trek.
Dogter gevonnis vir moord op ma
ʼn Tienermeisie wat haar kêrel gehelp het om haar ma te vermoor is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis in die Wes-Kaapse hooggeregshof, berig Beeld.
Beeste sterf in botsing
Drie beeste is dood nadat vier motors Vrydag teen hulle gebots het op die N2 in Umgababa naby Winklespruit, KwaZulu-Natal.
DA en VF Plus haaks oor ‘vals inligting’
Die Vryheidsfront Plus het die DA by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verkla.
Man dood gevind in motor
Paramedici het Vrydag ʼn man se liggaam in ʼn motor in Benoni aan die Oos-Rand aangetref.
Gedagte vir die dag: Jou dae is getel!
Ons lewe maar sewentig jaar,
Of, as ons baie sterk is, tagtig,
En die is vol swaarkry en leed.
Dit is gou verby,
ons vlieg na ons einde toe….