Die SAUK het aangekondig dat hy die DA se verkiesingsadvertensies met onmiddellike effek op sy televisie- en radiostasies gaan uitsaai.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 April 2014
Bejaarde vrou in Vrystaat vermoor
Catharina Hough (66) is Dinsdag in Senekal in die Vrystaat vermoor.
Gerrie Nel kap deskundige in Oscar Pistorius-moordverhoor
Staatsaanklaer Gerrie Nel het Woensdag die getuienis van Roger Dixon, ʼn voormalige senior forensiese kenner van die polisie, gekritiseer.
Nzimande: ‘Kasrils en Kie. is fabrieksfoute’
Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het Woensdag na diegene wat deel is van die “Stem Nee”-veldtog verwys as “fabrieksfoute.”
Twee mans in Rustenburg doodgeskiet
Twee mans is doodgeskiet en nog ‘n man is gewond in ʼn skietery naby die Bleskop-hostel buite Rustenburg in Noordwes.
Jonges keer rug op Zuma maar party staan sterk, sê ANC
Jong mense se steun vir pres. Jacob Zuma het tot die laagste vlakke wat nog gemeet is gedaal, aldus die peilingsagentskap, Pondering Panda.
Twee wat DA-lede aanrand “nie ANC-lede nie”
Die ANC ontken dat twee mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle DA-lede aangerand het, lede van die regerende party is.
Konstabel in hof na hy glo man doodskiet
ʼn Polisiekonstabel wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man doodgeskiet het, is Woensdag in die Mitchells Plain-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Zille oorhandig sonkragtoerusting
“Julle is met die mees basiese dienste in die steek gelaat. Hier is geen water en elektrisiteit nie. Water is die mees basiese reg,” het die leier van die DA, Helen Zille, aan lede van die Chris Hani-gemeenskap by Hammanskraal noord van Pretoria gesê toe sy sonkragtoerusting aan hulle oorhandig het.
Ontvoerde UJ-student veilig sonder R3 miljoen-losprys
ʼn Student aan die Universiteit van Johannesburg is veilig en ongedeerd nadat hy Dinsdag gekaap en ontvoer is.
Olievenhoutbosch stil na betogings, maar nóg dreig
Die situasie in Olievenhoutbosch, suid van Centurion, het teen Woensdag teruggekeer na normaal nadat inwoners Dinsdag daar betoog het. Volgens Zweli Khumalo, ʼn verteenwoordiger van…
Publiek sê nee vir sportkwotas
Solidariteit het Woensdag berigte dat die omstrede nuwe kwotastelsel in sport vir eers uitgestel is, verwelkom en meen praatjies oor die voorgestelde nuwe kwotastelsel was niks minder as ʼn verkiesingsfoefie nie.
Kwotastelsel vir sport eers op ys
Die departement van sport het besluit om hul omstrede beplande kwotastelsel, wat meestal swart spelers sou bevoordeel, tot volgende jaar uit te stel.
Aansoeke vir spesiale verkiesingstemme sluit môre
Kiesers wat met die oog op vanjaar se algemene verkiesing spesiale stemme wil uitbring, het nog tot môre om 17:00 om daarvoor aansoek te doen.
Drukkoker vol konfetti ontwrig Boston bom-herdenking
Die straat waar ʼn bomontploffing ʼn jaar gelede chaos veroorsaak het by die eindstreep van die Boston-marathon, moes weens ʼn moontlike ploftoestel op die toneel ontruim word tydens die eerste herdenking van dié ontploffing.
Nuuskommentaar: Ta’ Grietjie gegroet
Skielik is daar ‘n leegheid, veel groter as die asempie wat ta’ Grietjie altoos was. Haar klein koppie met haar kenmerkende pienk kappie is vir oulaas neergelê.
Robbeneiland brand, maar geen rede tot kommer
Die stad Kaapstad het die publiek Woensdag gerusgestel dat ʼn brand wat tans op Robbeneiland woed, ʼn beheerde brand is en dat daar geen rede tot kommer is nie.
Liggame van tieners ná 43 jaar gevind
Twee Amerikaanse 17-jarige meisies wat in 1971 op pad na ‘n skoolfunksie verdwyn het, se liggame is na 43 jaar gevind.
Vyf vas ná casino-roof
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle Mandag ʼn casino in die Oos-Kaap beroof het.
Nóg ʼn skoolkind raakgery
Skaars ʼn dag nadat ʼn 10-jarige skoolseun in Pinetown op pad skool toe doodgery is, is ʼn 10-jarige skoolmeisie in Johannesburg ook raakgery.