Jonges keer rug op Zuma maar party staan sterk, sê ANC

Jacob Zuma daal2Jong mense se steun vir pres. Jacob Zuma het tot die laagste vlakke wat nog gemeet is gedaal, aldus die peilingsagentskap, Pondering Panda. Volgens die agentskap het Zuma nog in April 37% steun onder jongmense tussen die ouderdomme 18 en 34 geniet, maar dit het in April vanjaar tot net 29% gedaal. Altesaam 3 627 jong mense van oor die hele land is gevra of hulle meen Zuma se werk is bevredigend.

Volgens Pondering Panda se woordvoerder, Shirley Wakefield, is dit veral die Nkandla-kwessie wat Zuma se steun rysmier. Zuma het in die verlede ook skandale beleef, maar die Nkandla-kwessie oorheers die ander.

Intussen het die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, gesê die kiesers het vertroue in die ANC. Hy het met die verwelkoming van ‘n DA-raadslid wat oorgeloop het, Solani Gudluza, gesê oral waar die ANC werwingswerk doen, word die party met groot entoesiasme ontvang.

Mkhize het ander partye daarvan beskuldig dat hulle in hul verkiesingsvelkdtogte net die ANC aanval.

“Die ANC verskil hiervan – die ANC vertel aan die kiesers wat hy vermag het.” -SAPA

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

PURE BOER ·

Altwee, die jonges hol EFF toe (huil) en die oues oorleef nie die jonges nie (lag), so die ANC sal nie lank regeer nie. Dis seker wanner EFF met sy jong span die land verder gaan vernietig

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.