‘n Hond wat glo sy eienaar se lewe in ‘n ongeluk gered het, word nou vermis.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 Augustus 2013
Amcu nou meerderheidsvakbond by Lonmin
Die mynmaatskappy Lonmin en Amcu het Woensdag ‘n ooreenkoms bereik wat dié vakbond as die meerderheidvakbond by die maatskappy erken.
Taxibedryf wil petrolsubsidie hê
Die National Taxi Alliance (NTA) het Woensdag versoek dat die regering ‘n brandstofsubsidie aan die taxibedryf moet toestaan.
Noodtoestand in Egipte aangekondig
Egipte het ‘n noodtoestand aangekondig nadat ten minste 95 Egiptenare Woensdag gedood is toe sekuriteitsmagte op betogers toegeslaan het wat op die herinstelling van pres. Mohamed Mursi aangedring het.
Video: Dis chaos in Bela-Bela
Inwoners van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo sê daar is chaos in dié dorp.
Die Skepping – ‘n Oratorium
Die Skepping – ‘n Oratorium, gekomponeer deur musiek-legende Janine Neethling met woorde deur Deon Opperman, het vroeër vanjaar gehore in die Staatsteater se Operahuis betower en is met staande-toejuigings ontvang.
PTA-landmerk vir “ʼn appel en ʼn ei” verkoop
Roux Shabangu se Sanlam Middestad-gebou in Pretoria is Woensdag vir ʼn skamele R66 miljoen op ʼn veiling verkoop.
Mpuma-inwoners gewaarsku teen veldbrande
Mpumalanga-inwoners is Woensdag gewaarsku vir die moontlikheid van veldbrande weens hoë temperature en sterk winde.
Foto’s: PTA-snelweg gesluit ná vlugtende man onder trok beland
Die N1-snelweg in Pretoria is Woensdag by die Atterbury-afrit in ʼn noordelike rigting gesluit nadat ʼn voetganger deur ʼn petroltenkwa doodgery is.
Swaar reën, vloede vir Wes-Kaap voorspel
Die Wes-Kaap kan nog meer nat en koue weersomstandighede verwag, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Woensdag gewaarsku.
“Meer swart spelers in rugbyspanne benodig”
Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het Woensdag bevestig hy gaan ʼn nuwe raskwotastelsel in plaaslike rugby bekend stel in ʼn poging om meer swart talent na vore te bring.
Koop ‘n Afrikaanse boek-dag
As deel van die jaarlikse Afrikaansweek word 14 Augustus bevorder as die dag waarop mense aangemoedig word om ‘n Afrikaanse boek aan te skaf.
Solidariteit boikot bekendstelling van mynmisdaadforum
Solidariteit het besluit om vandag se bekendstelling van die mynmisdaadbekampingsforum in Rustenburg uit protes te boikot nadat die vakbond in kennis gestel is dat sy en ander vakbonde se erkenning by Lonmin opgehef word.
AfriForum soek antwoorde ná natuurreservaat aan kerk belowe is
AfriForum het ʼn brief aan die minister van omgewingsake, Edna Molewa gestuur waarin hulle antwoorde versoek oor die Wolhuterskop Natuurreservaat wat onlangs deur die Vrystaatse premier, Ace Magashule, aan die Tyrannus Apostoliese Kerk belowe is.
Waldemar Schultz se seun vandag ter ruste gelê
Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, en sy vrou Ira Blanckenberg, oftewel Erika Landsberg ook van 7de Laan, se 14-jarige seun, Kieran, word vandag veras.
Nuuskommentaar: Afrikaans se “verjaarsdag”
Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners in die Paarl gestig, en is die eerste Afrikaanse Taalbeweging is ingelui.
Minister van gesondheid in staatshospitaal opgeneem
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is Dinsdag in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem.
Pedofiel na Weskoppies verwys
Michiel Meintjies, ʼn 48-jarige pedofiel van Danville in Pretoria wat tien jaar gelede onbepaald tronk toe gestuur is nadat hy ses jong seuns gemolesteer het, is Dinsdag na Weskoppies verwys vir psigiatriese waarneming.
Nuwe beleggers vir 1time
ʼn Groep beleggers van Pakistan wat in Suid-Afrika woon, het R15 miljoen aan 1time Holdings se aandeelhouers aangebied, het Business Day Woensdag berig.
Polisie vra hulp om raadslid se moordenaars op te spoor
Nathi Mthetwa, die minister van die polisie, het Dinsdag die hulp van die publiek ingeroep om te help om die moordenaars van ʼn ANC-raadslid van Ulundi, KwaZulu-Natal, vas te trek.