ʼn Gesin se hond is veilig opgespoor ná ʼn geweldige modderstorting in Oso, Seattle in Amerika.
Lees meerAlles vir Vrydag 28 Maart 2014
SA kan herstel word – Zille
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Vrydag gesê daar is niks fout met Suid-Afrika wat nie herstel kan word nie.
Sewende Krejcir-vennoot aangekeer
ʼn Sewende persoon wat aan die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se kriminele ondersoek gekoppel word, het Vrydag in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Hartbeespoortdam-kabelspoor ‘n sukses
Die Noordwes-provinsie het Vrydag gesê die kabelspoor by Hartbeespoortdam is ʼn sukses en het die eerste jaar ná sy opknapping reeds 30 000 besoekers gehad.
Uitspraak voorbehou in Vavi-saak
Uitspraak is voorbehou in Zwelinzima Vavi, voormalige uitvoerende hoof van Cosatu, se versoek om sy skorsing ter syde te stel.
Plaasmoord: Lewenslank vir bekende suikerrietboer se dood
ʼn Man van KwaZulu-Natal is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy die bekende suikerboer Micky Hampson (69) vermoor het.
Styging in petrolprys aangekondig
Ben Martins, minister van energie, het Vrydag ʼn styging in die petrolprys aangekondig.
Man gevonnis wat swanger vriendin vermoor
ʼn 26-jarige man wat skuldig bevind is dat hy sy swanger 18-jarige vriendin verkrag en verwurg het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.
Video: Net katte op dié televisiekanaal
Viacom International Media Networks gaan met ‘n betaalkanaal begin waar alle programme net oor katte handel.
Oproermakers gebruik blokkiesraaisels vir boodskappe
Delcy Rodriguez, Venezuela se minister van inligting, het deur Twitter ‘n koerant in die nywerheidsdorp, Maracay, daarvan beskuldig dat dit verskuilde subversiewe boodskappe deur blokkiesraaisels na die opstandelinge stuur.
Wetgewing wat rook beperk positief vir kindergesondheid
Wetgewing wat beperkings op rook plaas, soos ‘n rookverbod in openbare geboue, het ‘n positiewe uitwerking op die gesondheid van kinders, blyk uit wêreldwye navorsing wat pas in die vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is.
Video: Nkandla Style
ʼn Video genaamd, Nkandla Style, wat die spot dryf met pres. Jacob Zuma se luukse privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, is op YouTube gelaai.
Vleisbraaigereedskap van duisende jaar oud gevind
Dalk nie boerewors nie, maar ‘n vleisie of vissie op die kole is toe nie so eie aan Suid-Afrika se sonskyn, braaivleis en, wel ‘n bekende soort motor nie.
Gewelddadige eks sit lank
Ayanda Govender (23) van Glencoe in KwaZulu-Natal is swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
Dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-universiteit, tree Vrydag uit as visekanselier van dié universiteit. Sy videoboodskap volg onderaan die berig.
Bejaarde in PE-aftreeoord vermoor
Hazel Huggins, ʼn 85-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, se liggaam is Vrydagoggend in haar huis in die aftreeoord Kruger Gardens in Summerstrand aangetref.
Pinetown-ongeluk: Nuwe feite word ondersoek
Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, het Vrydag weer in die dorp se landdroshof verskyn.
Woord: Legende
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die woord “legende” vandaan kom.
Verbod op YouTube in Turkye
Die regering in Turkye het Donderdag ook YouTube in die land geblok nadat ʼn verbod op die sosialemedia-netwerk Twitter in dié land geplaas is
ANC pak DA oor “korrupsie”-SMS
Die DA het die ANC se besluit verwelkom om die hooggeregshof in Johannesburg te nader, aangesien die ANC meen dat die DA die verkiesing se gedragskode geskend het.