Pinetown-ongeluk: Nuwe feite word ondersoek

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May. Foto: 988 media

Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, het Vrydag weer in die dorp se landdroshof verskyn.

Die saak is tot 2 April uitgestel om May se prokureur, Lindokuhle Mdlethshe, genoeg tyd te gun om ʼn vertoë by die adjunk-direkteur van openbare vervolging in te dien, en om die staatsaanklaer tyd te gun om dit in te dien. Daar is nie in die hof gesê wat dié vertoë behels nie.

May sou na verwagting Vrydag aansoek gedoen het om borgtog, nadat sy aanklag van moord na strafbare manslag verander is. Mdlethshe het egter aan die hof gesê dat nuwe feite ondersoek word en dat hy nog nie gereed is om die nuwe borgtogaansoek voor te lê nie.

May se vragmotor het op 5 September, tydens spitsverkeer, vier minibustaxi’s en twee motors getref. Altesaam 22 mense is op die toneel dood en twee het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. ʼn Video van die voorval het groot reaksie uitgelok en die video is intussen reeds byna 1 miljoen keer op YouTube gekyk. Klik hier om dit sien.

Lees ook:
Pinetown-ongeluk: Trokbestuurder weer in hof
Pinetown-ongeluk: Moordaanklagte teen trokbestuurder laat vaar
Pinetown-ongeluk: Hof sê oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder hoor vandag oor borg
Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Pinetown-ongeluk: Vragmotoreienaar berou ongeluk
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder vandag weer in hof
Dodetal in Pinetown-ongeluk styg
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae