Steve Hofmeyr is Donderdagaand in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem nadat hy die spoedbeperking oortree het.
Lees meerAlles vir Donderdag 19 Desember 2013
Julius Malema in hegtenis geneem
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hy die spoedgrens verbreek het.
Foto’s: Pa en dogtertjie bou saam nuwe herinneringe ná jong ma sterf
Ou troufoto’s help ʼn pa van Ohio in Amerika om ʼn brug te bou tussen die seer oor die afsterwe van sy jong vrou en die hoopvolle toekoms propvol nuwe herinneringe en avonture saam met sy klein dogtertjie.
Nkandla-verslag: “Oorweeg kriminele vervolging” – ANC
Die ANC is besorg oor die bedrag wat aan opgraderings spandeer is by pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Video: “Basson het oneties opgetree”
Dr. Wouter Basson is skuldig bevind aan onprofessionele en onetiese gedrag weens sy betrokkenheid by die ontwikkeling van chemiese en biologiese wapens in die apartheidsjare. Die uitspraak volg ná ‘n jarelange tugsaak van die Raad op Gesondheidsberoepe.
Man wat by Alzheimer-pasiënt steel, sit lank
John Julyan (57), ʼn voormalige verhoudingsbestuurder by Barclays Wealth, ʼn afdeling van Absa, is Donderdag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens bedrog ter waarde van R15 miljoen.
Numsa se vraag oor Zuma-bedanking is “gepas”
Numsa het Donderdag gesê dit was gepas om die vraag te vra of pres. Jacob Zuma moet bedank indien die Nkandla-verslag aandui dat belastingbetalers se geld onbehoorlik gebruik is.
Drie kinders verdrink in Knysna-strandmeer
Drie kinders het Donderdag in die strandmeer by Leisure Isle in Knysna in die Wes-Kaap verdrink.
Renoster-skoksyfers bekend gemaak
Die departement van omgewingsake het Donderdag die syfers bekend gemaak van die hoeveelheid renosters wat vanjaar al vir hul horings gestroop is.
E-toltariewe verkeerd in Staatskoerant
Die departement van vervoer het gesê hy neem kennis van die verwarring oor die verskillende e-toltariewe wat in die Staatskoerant gepubliseer is, en het bygevoeg dat dit reggestel sal word.
Limpopo waarsku teen cholera
Inwoners van Limpopo wat hul drinkwater uit riviere of boorgate haal, word aangeraai om die water eers te kook om hulself teen cholera te beskerm.
Boer gevonnis vir moord
Louis Maree (70), ʼn boer van die plaas Water Vaal in Verkeerdevlei in die Vrystaat, is deur die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Jermiah Botsane.
Perlemoen opgespoor ná skietery in JHB
Perlemoen ter waarde van ongeveer R3 miljoen is Donderdagoggend in ʼn motor opgespoor ná ʼn skietery tussen twee mans en die metropolisie in Roodepoort, Gauteng.
Nkandla-verslag: “Onreëlmatighede geïdentifiseer”
Thulas Nxesi, minister van Openbare Werke, het gesê talle onreëlmatighede is geïdentifiseer in die aanstelling van diensverskaffers en die aanskaf van goedere en dienste in die sekuriteitsopgradering van pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Nkandla-verslag vrygestel
Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het Donderdag die taakspan se verslag oor die opgraderings by Nkandla voorgehou. Van die verduidelikings wat verskaf is, is dat die swembad as ‘n brandbestrydingshulpmiddel gebou is.
Karlien en Derick se bulletjies is hier!
Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar rugbyspeler-man Derick Hougaard se tweelingseuntjies is Donderdag gebore.
Gesteelde Stradivarius-viool verkoop vir R23 miljoen
‘n Seldsame Stradivarius-viool, wat in ‘n stadium gesteel was en deur die diewe vir R1 600 te koop aangebied is, het Woensdag in Engeland £1.3 miljoen (meer as R23 miljoen) op ‘n veiling gehaal.
Vavi kap die ANC
Zwelinzima Vavi, geskorste uitvoerende hoof van Cosatu, het Woensdag gesê die ANC-regering het nie werkloosheid, armoede of ongelykheid laat afneem nie.
Brandfort-bejaarde verloor sy hand toe handgranaat ontplof
‘n 78-jarige man van Brandfort in die Vrystaat het Woensdagmiddag sy hand verloor nadat ‘n handgranaat in sy motorhuis afgegaan het, het paramedici gesê.
Munisipaliteit wil winkeleienaar dagvaar
Die eThekwini-munisipaliteit wil Ravi Jagadasan, wie se maatskappy die Tongaat-winkelsentrum gebou het wat verlede maand ineengestort het, dagvaar vir minagting van die hof, het The Star Donderdag berig.