Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het ʼn kennisgewing van hul voorneme om te staak, aan die Universiteit van Johannesburg oorhandig.
Lees meerAlles vir Donderdag 3 Oktober 2019
DBV lê klag teen departement
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Woensdag gesê hy gaan ʼn klag van dieremishandeling aanhangig maak teen die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming.
21 in hof ná geweld in Bloemhof
Die 21 persone wat in hegtenis geneem is op verskeie aanklagte wat verband hou met geweld in Boitumelong naby Bloemhof in Noordwes, het in die hof verskyn.
Komitee kap MRK oor Eben Etzebeth-saak
“Die benadering om hierdie sake te hanteer moet korrektief van aard wees, en nie ʼn vernedering in die media van mnr. Etzebeth nie en nie die aandag aftrek van Suid-Afrika se deelname aan die Wêreldbeker nie.”
Vier beamptes in polisiekantore vermoor
ʼn Administrateur, gewapen met ʼn mes, het beamptes in die polisie se hoofkwartier in Parys, Frankryk, aangeval. Minstens vier beamptes is dood voor die aanvaller doodgeskiet is.
ToekomsVenster: Die Here praat nou met ons
Waaroor moet ons rou, vra mense? Oor wat van ons geword het. Die totale gemeenskap van gelowiges word opgeroep om berou te toon.
Die Heuwels draai die horlosie terug met nuwe enkelsnit
In teenstelling met hulle ander albums, wat futuristiese elektronika in luisteraars se ore gepomp het, gaan hulle nuutste snit, “Jy stel my teleur”, amper 30 jaar terug in tyd.
kykNET-program kyk uit ‘n ander hoek na boere
“Landbou is vir almal en daar is legio geleenthede in die bedryf. Jy hoef nie eens te boer nie, maar kan die innoveerder van nuwe tegnologie wees wat die boere kan aanhelp.”
Jong SA man se arm afgesit ná fratsongeluk op Amerikaanse plaas
Die masjien het sy arm ingetrek. Hy het homself dwars oor die masjien posisioneer sodat hy kon weerstand bied en sy hele lyf nie ook ingetrek word nie, waarna hy iemand gebel het om die masjien te kom afskakel.
Huisbraak ‘SA se voorste misdaad’ – StatsSA
In die 2018-’19-boekjaar is nagenoeg 260 000 huisrooftogte aangemeld en in dié geval was die waarskynlikste slagoffers wit gesinne, of huishoudings waar ʼn jong mens in beheer is. Die algemeenste wapens wat gebruik is, was vuurwapens (54%) en messe (47%).
Mosselbaai-grondverskuiwing: Munisipaliteit reageer
“Daarom is daar in dié stadium geen rede tot kommer vir lede van die publiek wat op ʼn dringende basis hul eiendomme hoef te ontruim nie,”
Russe verdedig soos tiere teen Iere
Soos wat Ierland nou speel, sal hulle sukkel om All Blacks, selfs Springbokke, te klop.
Harry gee vir Cyril ʼn portret van beeste
Die koninklike egpaar, Harry en Meghan, is Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa en sy vrou, dr. Tshepo Motsepe, in die presidensiële woning in Pretoria ontvang.
Boek: Dit proe soos huis
In “Dit proe soos huis” eer Herman Lensing sy ma Susan, wat skielik in Januarie 2019 oorlede is, met sy uitsonderlike talent. Hy klits haar lekkerste resepte en hul eie stories saam soos net hý kan.
Vals rassisme-bewerings nou stok om polisielede te slaan
“Die k-woord word nou ʼn wapen om dissiplinêre optrede te vermy. Dit hou ongelooflike emosionele en loopbaangevolge vir die slagoffers van dié vals klagte in.”
Boek: Die Slaghuis
Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in ’n enkele huis in ’n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noord-Kaap af, met verhaalgebeure wat oor vier dekades strek.
Platekontrak vir hawelose vrou
ʼn Hawelose vrou wat bekendheid verwerf het toe ʼn video van haar op sosiale media gedeel is waar sy ʼn Puccini-aria sing, is ʼn platekontrak aangebied.
Resep: Adam en Pietman se gemsbokgereg met basiliesampioen
Pietman deel sy resep vir ’n stukkie sagte gemsbokfilet saam met gevulde basiliesampioen.
Vyf sterf in gru-ongeluk by Port Elizabeth
Die presiese omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, vorm deel van die polisie-ondersoek en is in dié stadium nog onduidelik.
Wen ʼn halfdag spa-bederf in Pretoria
Een gelukkige Maroela Media-leser staan die kans om ‘n halfdag spa-bederf te wen by CSpa Wellness at The Blyde en jy kan jou metgesel saamvat.