Vals rassisme-bewerings nou stok om polisielede te slaan

(Foto ter illustasie: pixabay)

“Vals klagte van rassisme raak sistemies in die polisie. Die k-woord word nou ʼn wapen om dissiplinêre optrede te vermy. Dit hou ongelooflike emosionele en loopbaangevolge vir die slagoffers van dié vals klagte in.”

Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Donderdag gesê, terwyl hy bekend gemaak het dat Solidariteit bewus is van minstens 13 gevalle waar vals bewerings van rassisme – meestal die gebruik van die k-woord – teen polisielede aanhangig gemaak is. Hermann meen daar moet net so ferm opgetree word teen diegene wat vals klagte oor onaanvaarbare woorde indien, as teen dié wat hierdie woorde gebruik.

Renate Barnard, sektorkoördineerder van Solidariteit, sê die vakbond sien al hoe meer gevalle waar werkers in die polisie ras as sogenaamde troefkaart probeer gebruik om ʼn kollega uit die organisasie te laat verwyder. Volgens haar word dit dikwels gedoen juis omdat só iemand ʼn ander vir wangedrag probeer verantwoordbaar hou het, of wou dissiplineer.

Solidariteit sê hy is bekommerd oor die interne prosedures wat die polisie tydens sulke voorvalle volg.

“Die stelsel is tans só ontwerp dat enige persoon wat van rassisme beskuldig word, bykans onmiddellik met wantroue, verwerping en veragting hanteer word. Dit terwyl daar weinig, indien enige, gevolge is vir diegene wat heeltyd valse aantygings versprei. Hierdie toedrag van sake kan eenvoudig nie so voortduur nie. Deur die manier waarop die SAPD sulke sake hanteer, moedig hy net verdere verdelende, rassistiese gedrag aan en maak dit so onmoontlik vir werknemers om vreedsaam saam te werk,” het Barnard gesê.

Solidariteit sê dit is vir hom belangrik om aanspreeklikheid en gelyke behandeling af te dwing waar die polisie dit nie self doen nie.

“Ons is uiters gefrustreerd met die dubbele standaarde wat geld wanneer dit kom by die hantering van rassisme in die polisie. Wanneer bewerings van rassisme van wit teenoor swart voorkom, word daar oorhaastig en sonder nadere ondersoek opgetree, maar as growwe rassistiese uitsprake deur ʼn swart polisielid gemaak word, word daar gesloer om werk daarvan te maak.

“Ons het reeds sewe maande gelede ʼn klag by die MRK oor ʼn voorval van walglike haatspraak ingedien, en dit is steeds nie afgehandel nie. Die polisie as werkgewer het, nadat verskeie klagte ingedien is, sy voete gesleep om teen die betrokke lid op te tree,” het Barnard gesê.

Solidariteit het ook ʼn veldtog bekend gestel om “rasseboelies” in die polisie te ontmasker en te verseker daar is gevolge vir wangedrag. “Die beweegrede vir ons veldtog het nie net te make met die feit dat ons ʼn onaanvaarbare aantal vals aantygings van rassisme binne die polisie waargeneem het nie, maar ook dat die frekwensie waarteen sulke aantygings teenoor ons lede gemaak word, elke jaar toeneem. Tog, ondanks die tallose gevalle waar ons ons lede suksesvol verdedig, doen die SAPD niks om sulke aantygings te ontmoedig nie,” het Barnard gesê.

Sy sê die enigste manier waarop die verskynsel beveg kan word, is deur te verseker daar is gevolge vir leuens. “Bloot deur so ʼn aantyging teenoor iemand te maak, kan onherroeplike skade vir daardie persoon se loopbaan en persoonlike lewe inhou. Dit behoort as ʼn ernstige misdryf binne die organisasie hanteer te word.”

Solidariteit sê die veldtog is eerstens om slagoffers van sulke gedrag aan te moedig om hul verhale te deel, sodat ʼn verslag oor die omvang van die probleem saamgestel kan word. Tweedens moet die veldtog verseker dat reëls eenvormig toegepas word. Die verslag wat saamgestel word, gaan aan die Mensregtekommissie (MRK) en die polisie oorhandig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Werner ·

Dit gebeur nie net in die polissie nie kyk maar na ou Eben en sal nie verbaas wees as ou moessie van DA dit ook sal doen nie as mens na sy uitlatings van nou die dag kyk

Joe ·

sewe maande gelede by MKR in gedien????.,,,snaaks hulle so gou op Eben spring!!!!!! wat van al die ander klagtes….mmmm seker net as wit skuldig lyk dan spring die lot

Wonner ·

Ja nee dit het mos nou maklike manier geword om van iemand ontslae te raak, maar se maar kill the farmer, kill the boer en dit is reg!!!

Wim ·

So is ek ook vals beskuldig en sommer dadelik skuldig bevind.

Johan ·

Enige Blanke wat iemand anders kritiseer of tereg wys (ongeag wát die persoon gedoen het) is onmiddelik ‘n rassis. Hulle is bo kritiek verhewe. En dit is nie nét in die Polisie nie…..

Vonny ·

Dit het met my in n groot handels bank gebeur….ekt egter die saak gewen!!

Swartwolf ·

Dis al kaart wat die < 70's het. Al manier hoe 55 m die voordeel oor 5 m kan bekom. Saam met EE in die werkplek en kwotas in sport.

sweis ·

Julle kan praat todat julle omval ,ons moet n tuisland kry waar ons onsself kan regeer met ons eie polisie,die polisie van hierdie piesangrepubliek sal nooit regkom nie.

Andrea van Vuren ·

Sweis, tot dr. Verwoerd destyds sy planne vir afsonderlike ontwikkeling agtermekaar gehad toe vermoor hulle hom. Dit kon vandag so anders gewees het en dit sluit alle sektore van ons kosbare land in…

Regs! ·

Mense wat sulke vals klagtes indien is ook rasiste! Hulle moet van rassisme aangekla word asook van meineed en daarvolgens gestaf word! Maar ons weet mos nou al hoe dinge in ons land werk. Ons is mos almal gelyk, tensy jy ‘n ander kleur is!

WELKOM ·

Hierdie verskynsel kom algemeen voor wanneer daar teen ‘n persoon opgetree word wat oortree het in die werksplek.
Dit is niks nuuts nie. Menigte persone het al hulle werk op hierdie manier verloor as gevolg van vals rassistiese klagtes en dan kom die werklike oortreder skotvry

marous ·

Hou die selfoon gereed en neem op .Moet net nie voor die hofsaak begin openbaar nie , want dan draai hulle stories .

A Klaassen ·

Weet nie of mens dit wettiglik mag doen nie maar dit is dalk wyslik om gesprekke met die “kollegas” op te neem net vir ingeval van ‘n ongeval.

Pitty ·

So maak ons nou van elke mens n spion en kan nie eers meer mekaar vertrou nie.

Linda J ·

Ek is geboellie deur ‘n vieslike brief wat vir my gelos is op die Z8 aantekening boek. Ek het ‘n grief gerig in Februarie maand 2019. Niemand kan my help nie en niemand weet nou waar die grief is nie. Lyk my ons (blankes) wat die minderheid is sal altyd aan die kortste end trek.
Ek wonder of daar meer as 1% blankes in die polisie oor is? As ek kyk na al die bevorderings wat geslaag het is dit net swart en miskien 1 of 2 blankes uit die hordes het bevordering gekry. Geen wonder die SAPD is besig om onder te gaan nie, veral as mens lees hoe hulle net so kurrup is.

Stelling ·

My vader!, wie wil vandag nog in die SAPD werk. Ek gaan pak liewer rakke by PnP.

Ek ook ·

Ek is beskuldig van rassisme omdat ek my werk gedoen het en werkers aangespreek het wat slap gele het. Ek is sommer geskors, en binne twee weke was die saak volgens hulle afgehandel en ek het my werk verloor na 25 jaar se harde werk. Deur vals getuies.

Faan ·

Julle sal skrik as julle rerig moet weet wat binne die Polisie aangaan………..dis baie erger as wat julle vermoed….baie…..

KaterinaKat ·

Nou maar vertel. Jou stelling sonder n verduideliking stres mens net uit.

gatiep ·

Ek is verbaas om te hoor dat daar nog wit polisie erens werk.Ek het jare laas een gesien?

Linda J ·

Ek hoop werklik Solidariteit lees al die mense se kommentare hier op Maroela Media en doen ook bietjie hulle eie ondersoek naamlik al die kommentaar oor die polisie.

Renate Barnard ·

Linda, dit is juis die doel van die veldtog. SAPD lede moet hul ervaring onder ons aandag bring deur te gaan na http://www.solidariteit.co.za en die skakel te volg na SAPD Veldtog teen valse klagtes van rassisme. Ons wil elkeen se verhaal in ‘n verslag vervat (name sal vertroulik hanteer word op versoek). Die verslag sal na die MRK gestuur word en volgende jaar deel vorm van die CERD verslag wat aan die Vereenigde Nasies gestuur sal word vir bespreking.

ChrisE ·

Ek is op ‘n baie subtiele slinkse en onderduimse manier uit gewerk. Ek was nog nie eers veertig jaar oud gewees nie. Wat my die meeste gegrief het daar was van my oud kollegas wat fluks daaraan gehelp het. Ek is nou baie dankbaar dat ek wel uitgestap het, my waardigheid selfrespek en waardigheid behou het.

B ·

Ek het meer vertroue in motorwagte as wat ek in 98% van SAPS se lede het.

Ek voel bitter jammer vir die wat ‘n verskil probeer maak – dankie vir julle.

johan ·

was ook deur so n ding ,het n lid aangespreek ,volgende dag saak teen my…gelukkig was daar getuies , maarja

Wielspore ·

Ek is by die werk van rassisme beskuldig en gedurende die tugverhoor onskuldig bevind. Die bewyse wat ek ingedien het, het die teendeel van die aantuiging bewys. Met so ‘n aanklag word jy sommer dadelik deur mede werkers verhoor en skuldig bevind. Daar is nie teen die persoon wat die valse aanklag ingedien het opgetree. Na my mening gaan die wiel draai oor sulke aanklagte tot die die dag wat ‘n regter ‘n model beslissing maak en die klaer verantwoordelik hou vir kostes van die aangeklaagde. Dan sal mense twee keer dink voordat iemand van rassisme beskuldig word.

wiehan ·

Dis hoekom ek so gatvol is en my goed gaan vat en Orania toe trek. As iemand nie met jou saamstem of jou gesag wil aanvaar nie dan word jy van rasisme aan gekla. MY woord teen sy woord. En dit help nie om getuienis te he nie want hul word geintemideer .

La ·

Daar was ook teen my as n blanke vrou gediskrimineer in n baie groot bekende bank….Ekt egter die saak gewen en….!!!! Dus staan op en moenie opgee. Ekt 3 jaar “gestoei”

Gertryda ·

Gebeur orals
My man is beskuldig hy het hul die K woord gesê maar toe draai hul om en sê hul het dit opgemaak. Die skade klaar aangerig. My man praat glad nie meer hul nie en vertrou geen werker meer

Dawie ·

Ek is twee dae terug geskors oor valse beweerings ( k woord ) ek het ook my werker aan gekla ons het die saak begin en hy en sy num verteenwoordiger het gesien waarheen dit lei die saak is toe uit gestel en op die dag van die saak het hy my laat aan kla van rassisme nou gebeur daar niks met daai saak en alle oe is nou op my

Luke ·

Die MRK is is eensydig met enige klagtes as dit by ‘n sekere ras kom .Hulle is hipokraate want hulle doen niks as politikuste teenoor minderheid rasse uitvaar nie.Ek sal nie veel hoop en waardigheid op enige van hulle uitsprake le nie.

Stelling ·

My vader!, wie wil vandag nog in die SAPD werk. Ek gaan pak liewer rakke by PnP.

Anoniem ·

En hoekom klink dit asof daar neergesien word op rakpakkers in PnP.?Niks fout daarmee nie, en moet juis gesien word as mense wat ‘n eerlike inkomste probeer verdien in hierdie moeilike tye waarin on leef.

Pitty ·

Dit gebeue oorals en sal nog sover gaan dat selfs huishulpe hulle werkgewer weens so its ankla. Jy sal nie eers veilig in jou eie huis wees nie.

Sarel ·

Waarom nou eers hier aan aandag gee? Dit gebeur al sedert 1994. Nou net op groter skaal want die leun is lank genoeg gevoed.

San ·

Rassisme is net teen blankes gemik- baie eensydig- om sodoende jou in die moelikheid te kry en te kyk of hulle dan skadevergoeding kan eis. Ek is al self “ white b….” genoem. Ek het nie polisie toe gehardloop en saak gemaak nie.

Leon ·

Dit neem ‘n baie groot rassis om ‘n kleiner rassis raak te sien.
AARTO gaan op dieselfde beginsel werk.

hannelie ·

My man het twee jaar terug n swart dame prober fire oor sy nooit by die werk is nie en na tale skriftelike waarskuwings het hulle n dissiplinary hearing ingestel om haar te fire. Haar unie het haar aan geraai om n sexual abuse saak teen hom te maak omdat daai klag erger is as haar dissiplinary hearing en net so is daai saak uit gestel en een teen hom gemaak. Hy is talle sonder male op suspensie sonder betaling geplaas en dan as hulle niks kon vind nie aan gese om terug te kom werk toe. Vir twee jaar gaan dit so aan wat sy en haar union een saak na die ander teen hom maak omdat hulle weet dat sodra dit end kry sy sonder werk gaan sit en ons haar in ons eie kapasiteit gaan sue vir alles wat sy het. Sy en haar union daag nooit op by hearings vir die saak nie en het elke keer verskonings hoekom. Sy en haar union is vyf maande terug gese sy sal gaan vir pshycological evaulering en as hulle bevind sy kan getuig sal sy getuig en as sy nie kan nie sal die hele saak uit gegooi word want sy en haar union mors almal se tyd.

Bertie ·

Ek het hierdie lankal sien kom – LANKAL! Taxi-bestuurders durf jy nie skeef aankyk al doen hulle wat nie (kom kyk bietjie in Sandton) hoe arrogant hulle is met hul ‘bestuursvernuf’. Die bestuurder draai sy venster af, wys vir my tekens en sê hy sal my keel afsny èn my registrasienr vat en ‘n klag teen my gaan lê dat ek hom ‘n ‘k’ genoem het wat ‘n INFAME leuen is. Hy sal mense roep hof toe om te getuig dat hulle almal dit gehoor het! Ek het vir hom gesê: ‘make me famous and do what you want”! ek wag nog ….. wettelose, gruwelike, verkragtende moordenaars en hulle kom daarmee weg? Wanneer gaan geregtigheid seevier?

Lizel Bekker ·

Dit sal dalk beter wees as ons land glad nie ‘n polisiediens het nie – te veel van hul is self betrokke by kriminele aktiwiteite, ‘n groot groep is onbevoeg en waarskynlik die meeste van hul is op ‘n power trip. Het self te doen gekry met so ‘n knaap ‘n paar dae gelede, my voertuig het net gaan staan toe die knaap by my verbyry en op my gil omdat ek nie my padteken uitgesit het agter my voertuig nie. Ekt besef om vir die sot te verduidelik dat my kar sopas tot stilstand gekom het, ‘n mors van tyd is. Hy is tipies die tipe wat in ‘n middelklas buurt op ‘n vrou kan gil ewe grootbek – maar plaas hom in ‘n gevaarlike buurt onder druk en die groot bek word ‘n muis.

Anoniem ·

Beskerm jouself en sluit aan by Solidariteit sodat hulle jou kan bystaan in so ‘n situasie. ‘n Baie bekwame en hardwerkende vriend (met PhD) is tans in ‘n hofsaak teen sy gewese werkgewer oor ‘n soortgelyke aanklag. Hy word in die arbeidshof deur Solidariteit verteenwoordig.

Normale lewe? ·

Jy wéét jy mors jou lewe as jy in ‘n vervalle en agtergeblewe land woon waar jy permanent jou tyd moet mors om sinnelose hofsake te probeer oplos. Is dit hoe mens moet leef? Mense emigreer eerder.

MRK ·

Human rights in the dark continent? Since when? Oh please, do tell me about it……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.