Vyf sterf in gru-ongeluk by Port Elizabeth

Die ongeluk het op die N2 naby Port Elizabeth gebeur.

Vyf mense is dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor met ʼn sleepwa en twee voertuie op die N2 naby Thornhill net buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het omstreeks 20:00 Woensdag tussen Jeffreysbaai en Thornhill gebeur.

Die presiese omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, vorm deel van die polisie-ondersoek en is in dié stadium nog onduidelik, het Swart gesê.

Die insittendes van ʼn Nissan Livina, ʼn 51-jarige mansbestuurder, twee vroue van onderskeidelik 40 en 45 jaar oud, asook ʼn vyfjarige meisie, is op die toneel dood.

Die 73-jarige bestuurder van ʼn silwer Honda CRV is ook dood toe hy uit sy voertuig geslinger is. Die motor het uitgebrand.

Swart het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

“Die name van die slagoffers sal bekend gemaak word sodra almal se naasbestaandes in kennis gestel is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leon ·

Nog ‘n vragmotor wat geen respek het vir motoriste en ry net soos hy wil.

Marisa ·

Hoe seker is jy dit is deur die vragmotorbestuurder veroorsaak. Was jy daar?

Jorrie Jordaan ·

Nou wie word vi strafbare manslag ondersoek as almal oorlede is?

Abe ·

Jorrie Jordaan,
Al is iemand oorlede, kan hy nogtans verantwoordelik wees vir die ongeluk, hy kan ook ondersoek word vir aanpsreeklikheid en hy kan as die skuldige persoon uitgewys word.

Stuiwer ·

Dis baie male motoriste wat soos hierjys ry. Moenie altyd die vragmotorbestuurder beskuldig nie!

Nico ·

Amen. Baie motoriste van ligte voertuie het minder respek vir mede motoriste en swaar voertuie as wat swaar voertuig bestuurders vir ander motoriste het. Ek suig hierdie nie uit my duim uit nie. Ek het die pad tussen PE en Kaap vir byna 12 jaar op ‘n gereelde basis gery en kan getuig dat bestuurders van ligte voertuie die mees onverdraagsaamste is en veral vanaf Mosselbaai na Kaapstad of omgekeerd.

lanie ·

Hoe kan n klag van strafbare man slag gemaak word as hulle dood is. Stupid vraag ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.