ʼn Hawelose vrou wat bekendheid verwerf het toe ʼn video van haar op sosiale media gedeel is waar sy ʼn Puccini-aria sing, is ʼn platekontrak aangebied.
ʼn Video van Emily Zamourka (52), oorspronklik van Rusland, is wyd op sosiale media gedeel ná ʼn polisiebeampte van Los Angeles haar verfilm het. Sy sing Puccini se “O mio babbino caro” in die ondergrondse metro. Kykers het versoek dat sy op ʼn verhoog moet verskyn.
Volgens die vermaaknuuswebwerf TMZ het die Grammy-genomineerde musiekvervaardiger, Joel Diamond, ʼn platekontrak vir Zamourka aangebied, “met planne om ʼn groot klassieke musiek/EDM-plaat te vervaardig”.
Volgens TMZ is die ooreenkoms vir ʼn aanvanklike album genaamd “Paradise” wat deur Diamond se maatskappy, Silver Blue Records, vervaardig sal word.
Dit is nog nie duidelik of Zamourka die aanbod sal aanvaar nie.
Skarefinansieringswebwerwe is intussen op die been gebring om Zamourka, ʼn opgeleide violis en pianis, finansieel te ondersteun. Ongeveer $70 000 (meer as R1 miljoen) is reeds ingesamel.
Sy het in Rusland grootgeword, maar het in 1992 na Los Angeles verhuis om haar droom na te jaag om ʼn sangeres te word. Zamourka geen formele opleiding as ʼn operasangeres nie en sy was ʼn onderwyseres voor sy weens gesondheidsredes in ʼn finansiële verknorsing beland het. Sy het aanvanklik viool gespeel op straat, maar haar instrument is drie jaar gelede gesteel.
Oor haar groot groep aanhangers op Twitter, het sy gesê: “As dit God se wil is dat my lewe moet verander, dan sal ek Hom loof en baie dankbaar wees vir enigiemand wat help om my van die straat af te kry. En om my eie plek te kry en ʼn instrument te hê.”
Sy het reeds ingestem om Saterdag by ʼn geleentheid op te tree wat deur die Little Italy of Los Angeles Association aangebied word.
4 million people call LA home. 4 million stories. 4 million voices…sometimes you just have to stop and listen to one, to hear something beautiful. pic.twitter.com/VzlmA0c6jX
— LAPD HQ (@LAPDHQ) September 27, 2019
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Pragtig!!!!!!!!
Wow is is nou goeie nuus!!
Ek is so bly vir haar. Dis great!!
Dankie ons kennis laat weet en n goeie nuus kan deel. Dankie Here prys die Here
Wonderful, I am really very happy for this woman.