ToekomsVenster: Die Here praat nou met ons

luister-na-God

Argieffoto.

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. – 2 Kron. 7:13-14

Toegegee die atmosfeer van ons gesprek tans is ietwat anders. Daar is ʼn gevoel van erns en dringendheid in die gemoed en gees.

Ek moet erken dat ek self die afgelope weke ʼn ontsteltenis in myself beleef oor die pad wat ons in Suid-Afrika ingeslaan het. Ons wys nie vingers nie, die Heilige Gees moet die oortuigingswerk doen.

Natuurlik moet skuldige mense, wetsoortreders verhoor en toegesluit word en aan die pen ry. Maar die Here praat met sy volk, voor Hy oor “hulle” praat.

Ons is gemaklik met hulle, ʼn oefening met “ons” is nie ʼn lekker oefening nie.

Berou. Waaroor moet ons rou vra mense? In watter land woon hulle dan?

Dinge is stukkend en gebroke rondom ons. Daar is seer, honger, moedeloosheid. Mense is depressief, verkeer in angs en wanhoop, is aggressief en pleeg  geweld. Sommige pleeg selfs selfdood.

Ons beskermingsdienste is uitgeput, die ekonomie en beleggersvertroue verkeer op ʼn laagtepunt, moraliteit, ook onder Afrikaanssprekendes, meet soms laag.

Waaroor moet ons rou, vra mense? Oor wat van ons geword het. Die totale gemeenskap van gelowiges word opgeroep om berou te toon. Die teks lees immers “My volk oor wie my Naam uitgeroep is”.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Regs! ·

God praat met ons deur Sy woord. Ons het van sy wette en verordeninge afgewyk. Daarom is Hy toornig en straf hy ons. Julle leeraars moet ophou om die verdraaide leer van die kansels af te verkondig. Julle sal nog gestraf word vir julle misleiding!

Von ·

Here Jesus ek rou oor ons sondes, vergewe asb Here..maak ons nuut gee vir ons nuwe gedagtes die wil om te verander , ons is stukkend en besef U Alleen kan ons red uit die dieptes van ons sonde, uithaal ons afwas tot ons skoon voor U kan staan…in Jesus naam

Frieda ·

Here vergewe ons asseblief en gee ons insig om die regte ding te doen Dankie dat U ons Vader is .

kraai ·

Here hoor ons smeek gebede en keer die land se mense terug na U toe. Verslaan die duiwel wat die oorhand kry onder ons mense. Daar is te vee l” duiwelsgehoorsame” mense, maar ook baie gehoorsame Christenne wat u smeek om genade en liefde. Ja, Here, ons het U brood nodig, nie politieke figure wat verwag dat hulle aanbid moet word nie en ook nie glo aan n God nie. Laat net U wil geskied. Amen

Spook ·

Ag here wat se die god alles. Bring vir my offers van olie, meel,Vleis, mense(lev 27 vers 28)en spyker jou salvinne hy lief hul almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.