Soorte resepte:

Resep: Adam en Pietman se gemsbokgereg met basiliesampioen

Adam en Pietman se gemsbokgereg met basiliesampioen. (Foto: Dapper Media.)

Pietman deel sy resep vir ’n stukkie sagte gemsbokfilet saam met gevulde basiliesampioen.

Gemsbokfilet

Bestanddele

500 g gemsbokfilet

100 g meel

2 knoffelhuisies, in dun blokkies gesny

peperkorrels na smaak

2 e (30 ml) botter

2 e (30 ml) olyfolie

1 pakkie (80 g) slaai-eruca (rocket)

Metode

  1. Sny die filet in dun skyfies.
  2. Doop die vleis in die meel totdat dit ’n mooi wit lagie daarop vorm.
  3. Druk die knoffel in die vleis in en strooi die peperkorrels daaroor.
  4. Maak die botter in ’n pan saam met die olyfolie warm, maar moenie dat die botter brand nie.
  5. Verwyder die knoffel van die vleis en braai die vleis daarna in die botter totdat dit ’n mooi bruin kleur het.
  6. Pak die slaai-eruca op die bord uit, lê die vleis daarop neer en dien op met ’n balsemiekasyn-reduksie.

Gevulde sampioene

Bestanddele

4 groot braaisampioene

100 g basiliepesto

2 e (30 ml) knoffel, fyngekap

2 e (30 ml) botter

4 e (60 ml) roomkaas

200 g mozzarellakaas

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam.
  2. Smeer die mengsels aan die binnekant (die hol kant) van elke sampioen.
  3. Plaas die sampioene op die kole totdat die kaas smelt en sampioen sag en gaar is.

Kyk hier ‘n voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledigie episode hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.