Huisbraak ‘SA se voorste misdaad’ – StatsSA

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Nagenoeg 1,3 miljoen voorvalle van huisbraak het volgens Statistieke Suid-Afrika in die afgelope boekjaar in Suid-Afrika voorgekom, maar net sowat die helfte daarvan is by die polisie aangemeld.

StatsSA het Donderdag sy jaarlikse verslag oor slagoffers van misdaad in Pretoria bekend gemaak.

Die ondersoek het onder meer bevind dat 5,8% van alle huishoudings in Suid-Afrika slagoffers van ʼn huisbraak was.

“Die waarskynlikste slagoffers van ʼn huisbraak was huishoudings waar mans aan die stuur is, huishoudings in metrogebiede, Indiër- of Asiërhuishoudings, wit huishoudings, diegene met ʼn baie hoë óf ʼn baie lae inkomste en huishoudings in die Noord-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal.

“Nagenoeg 48% van voorvalle is by die polisie aangemeld,” het StatsSA bevind.

In die 2018-’19-boekjaar is nagenoeg 260 000 huisrooftogte aangemeld en in dié geval was die waarskynlikste slagoffers wit gesinne, of huishoudings waar ʼn jong mens in beheer is. Die algemeenste wapens wat gebruik is, was vuurwapens (54%) en messe (47%).

Altesaam 60% van huishoudings (120 000) het een of meer huisrooftog by die polisie aangemeld, hoewel die voorkoms van dié geweldsmisdaad, volgens StatsSA, beduidend hoër is.

Sowat 83 000 voorvalle van motordiefstal is volgens die studie aangemeld. Die waarskynlikste slagoffers daarvan was huishoudings met mans in beheer, huishoudings in metrogebiede, wit, jong, bejaarde of hoëinkomstehuishoudings. Nagenoeg 86% van slagoffers het die voorvalle by die polisie aangemeld.

Volgens die opname is nagenoeg 12 000 moorde in die betrokke tydperk gepleeg, ʼn beduidende verskil van die polisie se syfer van sowat 32 000. “Die polisie hanteer moorde wat dalk nie aan huishoudings bekend is nie, soos die moorde op hawelose mense, immigrante, tydelike besoekers of bendemoorde,” het StatsSA dié verskil verduidelik.

Nagenoeg ʼn halfmiljoen Suid-Afrikaners ouer as 16 was slagoffers van aanranding en net sowat die helfte van voorvalle is by die polisie aangemeld. Die waarskynlikste slagoffers is jonk of manlik.

StatsSA sê wat kapings betref, is sowat 32 000 voorvalle aangemeld. Dit sluit vragmotorkapings in. “Nagenoeg 85% van alle kapings is by die polisie aangemeld. Die geraamde aantal kapings wat [volgens die navorsing] by die polisie aangemeld is, is 28 000, terwyl die polisie se syfer 17 000 kapings aandui.”

Sowat 1,2 miljoen voorvalle van diefstal van private eiendom is aangeteken en die meeste slagoffers woon in die Wes-Kaap en Gauteng, het die navorsers bevind. Slagoffers is oorwegend manlik, wit, of jong volwassenes. Die syfer stem naastenby ooreen met die polisiestatistieke.

Nagenoeg 580 000 voorvalle van straatrooftogte is in die 2018-’19-boekjaar aangemeld en mans was twee keer meer geneig om slagoffers te wees as vroue. Metrogebiede, en veral die Wes-Kaap, het die hoogste aantal voorvalle gehad. Messe en vuurwapens was in dié geval misdadigers se eerste keuse.

StatsSA sê Suid-Afrikaners se persepsie van veiligheid is uiters belangrik. “Die verslag dui aan dat die persentasie mense wat veilig gevoel het om deur die dag rond te stap van 79% (2017-’18) na 83% (2018-’19) gestyg het. Diegene wat veilig genoeg gevoel het om snags rond te stap, het toegeneem van 29% (2017-’18) na 35% (2018-’19).”

Mans voel veel veiliger as vroue en diegene in landelike gebiede ook meer as inwoners van stedelike en metrogebiede.

Sowat 45% van mense in metrogebiede voel snags onveilig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Judge Dredd ·

So hoe weet hulle hoeveel misdade word nie gerapporteer – as dit nie gerapporteer word?

Verstaan nie ·

Dis ‘n heel eenvoudige sommetjie. Kry die statistieke vanaf SSA en doen dan steekproef landswyd en doen navorsing deur vraelyste te laat beantwoord. Almal is nie so dom soos wat jy gewoonlik met jou kommentaar almal laat voorkom nie.

Michael ·

As jy dit rapporteer word jy weg gewys dit het met my gebeur.

Lindtjies ·

En so vat hulle maar net wat hulle wil hê. Maak nie saak hoe hard jy gewerk het om dit te kan bekom nie.

Kan Tel ·

By hoeveel van die 48% huisbrake wat aangemeld is, is die inbrekers gevang en gevonnis? Seker so 5%,. Dan word twee gevang vir elke honderd inbrake , omdat 52% van die inbrake nie eens aangemeld is nie! Dis die werklike statistiek!

sweis ·

Dit is snaaks dat niemand die polisie blameer hiervoor nie dit is immers hulle wat of weier of te lui is om hulle werk te doen,ons doen self patrollies in die nag maar moet werk in die dag en dit is dan waneer die skerminkels toeslaan .

X-kollega ·

‘n Bekangrike syfer wat ontbreek, is hoeveel huishulpe en tuinwerkers by die slagoffer-wonings in diens was ten tye van die voorval/le. Die syfer is bekend maar word verswyg.

Johanna Botha ·

Die nuwe SA is n gemors en n groot flop …teenwigte werk nie !

Gert van Wierdapark ·

Huisbraak mag dalk die voorste misdaad wees, maar die grootste onreg wat in SA gepleeg word, is die a en see se pogings on te regeer = wat ‘n fenominale Kakistokrasie!!!

AB ·

6 vt palisades met elektriese heining. Bordjie op die hek wat sê” Geen toegang, oortreders sal gejag word” in al 11 tale. “Beams” om die huis. “Motion” kameras gekoppel aan “buzzer” langs die bed. Shutterproof vensters met diefwering. Veiligheidshek in die gang. 2 Pitbulls in die kamer. Onder my kussing, my beste pel, RUGER P95. 3 magasyne, elk gelaai met 15 Whinchester 115gr personal protection jacketed hollow points “RIP”. Elkeen vreesloos en gewillig om hulle baas, sy vrou en hulle kind teen 1300vt te beskerm! Probeer gerus inkom mr die inbreker!

Nee dankie ·

AB, dit moet vreeslik wees om so te lewe? Ons het wel ‘n heining en diewering, maar geen alarmstelsel of vuurwapen nie. Ek neem aan jy bly in Gauteng? Voel jammer vir mense wat so moet lewe terwyl ander mense in SA heerlike lewens het. Ek het nog nooit onveilig gevoel nie en bly in ‘n stad! Daar was ook die afgelope 36 jaar nog nooit ingebreek in my huis nie…

Hendrik ·

Ek bly in Gauteng met geen heining, veiligheidshekke en alarm. Dit is ook nie in ‘n veiligheidskompleks en is buite Pretoria. Wel dit is seker maar jou keuse waar jy bly. Hoe nader aan die winkels, hoe meer beweging in die omgewing om jou huis dop te hou. Dit was nou alles baie polities korrek gese. Onthou vryspraak is reg maar haatspraak is nie reg. Daar is alternatiewe oplossings maar dit hang natuurlik af hoe polities korrek jy jou voorstel is . Wel vir byna 9 jaar lewe ek hierdie nie-politiese lewe en mag ek dit natuurlik nie noem nie.

Frans ·

Die kans om jou saak by die polisie te registreer is by verre minder geslaagd as om die Lotto te wen. Die polisie is eenvoudig nie behulpsaam en stel nie in jou probleem belang nie. Die polisie sal verseker nie hulle in ‘n posisie plaas waar hulle dalk moet optree nie. Hulle is “bangat” vir hulle eie mense (“our people”).

San ·

Onveilige land om in te bly! Geen behoorlike wetstoepassing !!

?? ·

Ek glo nie die syfers nie, waar het hul die inligting gekry, wie het ‘n vraelys gekry om in te vul? Ek is nog steeds bang om in die strate te loop dag of nag en ek glo daar is duisende ander wat ook so voel maar volgens die uitslag het die veiligheid op straat toegeneem of lees ek daai stukkie verkeerd, jy is nie eers veilig in jou huis nie nou wat nog van op straat!!

Judge Dredd ·

In meer as 20 jaar het nie ek of enige van my familie/vriende al ooit so vraelys gekry nie.
En ons verkiesings het al bewys hoe verkeerd die statistieke kan wees, en dan weet ons alreeds hoe die polisie en staatsdepartemente met statistieke peuter.

Klip ·

Dit hang seker maar af waar jy bly.
Ek bly in Bloemfontein en glad nie bang om buite rond te loop nie en hier is baie mense wat buite oefen en stap. Selfs bejaardes alleen. My kinders speel die heeldag buite. Daar is egter wel dele in die stad waar ek dit nie sal waag nie…

#ImLeavingToo ·

More wonderful statistics to motivate the #ImStaying joke? Oh sure……

m ·

Waar is daai Kaapse eindomsagent met sy happy clappy “born here, stay here” website nou. Dis ‘n lekker land om in te bly as jy ‘n krimineel is, want ek wonder hoeveel van die bogenoemde sake is opgelos?

Liesbet ·

@AB. Alles wonderlike sekuriteit. Gemoedsrus in Afrika. Rambo leefstyl. Stres-vry. En dan glip daai een ou klein faktortjie by die agterdeur in: wie werk bedags in die huis?

AB ·

Ek koester nie die adder in my boesem nie. Ons maak self skoon. Nie so slapgat soos meeste witmense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.