ʼn Toonbeeld van ʼn man van woord en daad is Arend Josias de Kock, wie se visie daarin geslaag het om te sorg dat minstens 83 Afrikaanse studente, tot dusver, in staat gestel is om te kon studeer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Studiefondssentrum"
Landbouleiers vol lof oor studiefonds
“Die tyd was nog nooit ryper vir ʼn inisiatief soos hierdie studiefonds nie.”
Tragiese ongeluk stuit nie LLB-student se groot droom
Weens die aard van hulle beserings het sy ma en kleinsussie se mediese onkoste uiteindelik meer as R1 miljoen beloop.
#AlumniVirAfrikaans: Werk in jou eie tuin
Afrikaans – ons “pêrel van groot waarde” – het die instrument geword van die fyn en verhewe kuns en kultuurgees van Afrikaners, maar by uitstek ook die ontwikkelingsinstrument van vooruitgang en modernisering.
#AlumniVirAfrikaans: Maar dit vóél dan soos gister
Ek het deur die jare baiekeer aansoek gedoen om terug te gaan koshuis toe, maar my vrou en die rektor wou dit nooit goedkeur nie. Hoekom weet ek nie.
#AlumniVirAfrikaans: ’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop
“My pa wou eintlik Stellenbosch toe gegaan het.” Engela vat oom Sakkie se hand met wit kneukels vas. “Hy wou vir predikant gaan leer het.”
Lang afstand stuit nie siek student
Hy is egter vasbeslote om sy kwalifikasie te verwerf en stap elke dag 5 km na die BKO en terug.
#AlumniVirAfrikaans: Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!
Ek is vandag geseënd en gelukkig in my grootmensskoene, maar ʼn mens se hart hunker na jou alma mater. My hart verlang soms na die aande wat ek saam met my koshuisvriendinne op die dak gesit het, ook na die vroegoggendure se geskarrel om al ons eksamenantwoorde deur te werk.
Studiefonds help nou ook CVO-leerders
“Dit is ook ʼn sprekende voorbeeld van die krag wat daar in ʼn gemeenskap lê om mekaar te help.”
‘Vandag is ek ʼn mediese dokter’
“Wees geduldig vir die belofte wat Hy in jou hart plaas,” sê dr. Sydnise Fourie-Nel, wat onlangs ná talle uitdagings op 27 as mediese dokter gekwalifiseer het.
3 belastingvoordele waarvan jy moet weet voor 28 Februarie
Met minder as tien dae oor voor die 2020-’21-belastingjaar tot ʼn einde kom, het ʼn senior welvaartsbestuurder ʼn paar nuttige belastingwenke verskaf wat jy optimaal moet benut voor 28 Februarie.
Helpende Hand stel multimiljoen studiehulpskema bekend
“Daarmee kan ons 1 200 jong mense help om by geakkrediteerde tersiêre instellings met ʼn rentevrye studielening te gaan studeer.”
Sanger se musiekvideo aan droogtehulp opgedra
Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Herman Kleinhans het pas die musiekvideo van sy liedjie “Ek wonder” bekendgestel, wat verfilm is tydens die Projek 40-toer.
Studiefonds gedenk seuntjie se lewe
Die Christo Engelbrecht-studiefonds is beskikbaar vir ’n passievolle jong mens wat met deernis tot alle uithoeke sal gaan om vir die lewe van ’n kind te veg. Dié kandidaat moet opgelei word as pediater, pediatriese ISE-spesialis of pediatriese neuroloog.
Voer, studiehulp vir boere in Vrystaat, Kaap en Noordwes
“Helpende Hand het meer as 70 Josef Silo’s en ons boere het gesorg dat hierdie silo’s vol bly. Nou moet ons húlle ondersteun.”
NSFAS-studiehulp: Hoe doen ek aansoek vir 2021?
“Suid-Afrikaners betaal baie belastinggeld. Daarom wil ons elke student en matrikulant wat kwalifiseer vir studiehulp by NSFAS aanmoedig om dit te doen.”
Opleiding is die hart van die Solidariteit Werkherstelprogram
’n Omvattende opleidingsaanbod wat strek van skool, vaardigheidsopleiding, beroepsopleiding, universiteitsopleiding tot by voortgesette leer gaan die hart van die Solidariteit Werkherstelprogram wees.
Dit is nie wát jy gaan studeer nie, maar dát jy gaan studeer
Almal kan hulself met ’n tersiêre kwalifikasie toerus – mits jy dit doen in die veld waarin jy belangstel, anders sal jy moeilik die kwalifikasie voltooi. Dit is nie wát jy gaan studeer nie, maar dát jy gaan studeer het, wat jou van ’n beter toekoms en sterker identiteit voorsien.
Virseker Trust bring hoop vir studente
“Die ondersteuning wat die Virseker Trust en Helpende Hand se Studiefondssentrum vir my gegee het, beteken werklik die wêreld vir my. Hulle het vir my ʼn kans gegee om my drome uit te leef en om iets van myself te kan maak.”
Pak nou reg vir ’n goeie doel
Jy kan die inperkingstyd gebruik om hul kaste reg te pak en van alle ou klere en oortollige huis- en motorhuisware ontslae raak. Dié goed kan dan vir liefdadigheid geskenk word. Hierdeur kan jy in ’n moeilike tyd ’n goeie taak verrig waarby nie net jou huishouding sal baat nie, maar wat ook ’n verskil in ’n behoeftige mens se lewe kan maak.