Lewensverwagting in Suid-Afrika het met ʼn paar jaar gedaal as gevolg van die Covid-19-pandemie, het Statistieke Suid-Afrika Maandag gesê.
Lees meerAlles vir Maandag 19 Julie 2021
Hoë by gesondheidsdepartement afgedank oor PPE-bedrog
Kontrakte van meer as R330 miljoen is onreëlmatig toegeken.
Taxigeweld duur voort in Kaapstad
“Ek wil dit baie duidelik stel dat almal wat verantwoordelik is vir hierdie geweld in hegtenis geneem moet word en vervolg moet word sodat ʼn baie sterk boodskap gestuur kan word dat ons nie hierdie kriminele gedrag in die Wes-Kaap sal duld nie.”
Groot probleme vir werkers as Toyota uit KZN onttrek
Die tydelike sluiting van Toyota se vervaardigingsaanleg in die suide van Durban weens onrus in KwaZulu-Natal kan moontlik verdere verwoestende gevolge vir werkers inhou.
Ticketpro Dome in Gauteng sluit sy deure
Van die bekende kunstenaars wat al hier opgetree het is Pink, Lionel Richie, Celine Dion, Michael Buble, Avril Lavigne, Westlife, Mariah Carey en Katy Perry.
ToekomsVenster: As jy vandag sukkel met twyfel
Vertel God vandag wat in jou hart lewe.
Zuma ‘wil nie uit tronk verhoor word’
Oudpres. Jacob Zuma vra vir nóg uitstel in sy en die Franse wapenvervaardiger Thales se korrupsieverhoor.
Polisie skiet verdagte tydens jaagtog dood
Ses mans het na bewering ʼn slaghuis in Strand in die Wes-Kaap beroof, waarna die polisie hulle agterna gesit het.
Trekpas vir Spele-komponis wat gestremdes afknou
Die kreatiewe regisseur vir die opening- en afsluitingseremonie, Hiroshi Sakaki, het in Maart ook gekies om te bedank nadat hy voorgestel het dat ʼn mollige vrouekomediant in die gedaante van ʼn vark haar opwagting moet maak.
Pofadder-vrou appelleer teen borgtoguitspraak
Suretha Brits (30) het Vrydag in die hof aangevoer dat haar kinders swaar kry terwyl sy in die tronk is.
Hannes van Wyk stuur weer groete vir ma aanlyn
‘Sê groete vir Ma’ is eersdaags weer aanlyn te sien as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees.
Baba Ignus leef ‘wonderbaarlik’
“Sy woorde sal my lank bybly en my deur dae en nagte van onsekerheid dra: ‘Christus het die wonderwerk gedoen, hy het net my hande gebruik’.”
Noodvoorrade deur lugbrug na KZN vervoer
Afriforum, Solidariteit Helpende Hand en ʼn aantal ander organisasies, het die afgelope week sowat 800 kg se noodvoorraad deur middel van ʼn lugbrug van Gauteng na KwaZulu-Natal vervoer.
Egpaar op Vrystaatse plaas aangeval
“Die volgende oomblik het drie mans op haar afgestorm. Hulle het ʼn mes, ʼn byl en ʼn vuurwapen by hulle gehad.”
Oppas vir dié skelmstreke sê poskantoor
Bedrieglike boodskappe is glo daarop gemik om mense te mislei om geld in misdadigers se rekeninge te betaal.
Busbestuurder op N2 in gesig geskiet
Twee mans het ook Maandagoggend op motoriste in Langa losgebrand.
25 beseer in groot ongeluk
Die provinsiale brandweerdiens moes meganiese toerusting gebruik om van die insittendes uit die voertuie te bevry.
Aitsa-musiektoekennings is terug
Afrikaanse kunstenaars, liriekskrywers en vervaardigers van musiekproduksies sal vanjaar in 12 kategorieë kan inskryf.
Mans gesoek wat tiener glo saam verkrag
Die meisie is na ʼn huis in Jouberton geneem, waar drie mans haar om die beurt verkrag het.
Irene-Louise-treffer boor goud raak onder jongklomp
Sommige van dié TikTok-video’s is al tot 120 000 keer gekyk.