Die akteur Neels van Jaarsveld het Donderdagaand sy finale keuse gemaak tussen die vroue wat om sy hart meegeding het.
Vermy die berig as jy die program volg en nog nie vanaand (Donderdag) se episode gesien het nie.
Alles vir Donderdag 15 Julie 2021
Só vorder inentingsveldtog vir die SAPD
“Planne word beraam om seker te maak dat beamptes, wat ontplooi is om openbare geweld en onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng te beheer, dringend ingeënt word.”
Bekende Nederlandse joernalis sterf ná skietery
Peter R. de Vries, ʼn bekende Nederlandse misdaadverslaggewer, is Donderdag dood ná hy verlede week geskiet is.
AfriForum vra dat KZN tot rampgebied verklaar word
“Die huidige toedrag van sake regverdig die verklaring van ’n rampgebied en dringende ingryping van die provinsiale regering.”
Zuma-onluste: Dodetal styg
Die situasie in Gauteng is “redelik kalm”, maar omstandighede in KwaZulu-Natal bly onstabiel.
‘Verbod op draagbare petrolkanne is kommerwekkend’
“Dié besluit is kortsigtig en het veral ʼn invloed op landbouers.”
ToekomsVenster: God se vrede vir jou
“En ek leer ‘n nuwe gebed: dankie. Dit is ‘n gebed wat ek nog nie bedoel nie, maar sal herhaal totdat ek dit doen.”
Ouetehuise, gesinne trek swaar weens KZN-onluste
Helpende Hand het sy Krisisfonds en landwye Josef Silo’s gemobiliseer om as afsetpunte te dien waar die publiek met donasies gesinne en inwoners van ouetehuise in KwaZulu-Natal kan bystaan.
Oorstromings in Duitsland eis lewe van tientalle
Swaar reënval het intussen aangrensende lande bereik, waar grootskaalse verwoesting en oorstromings ook aangemeld is.
Onluste beïnvloed ook CB-toernooi
“Ons leef in ongewone tye en hoewel dit nooit goed is om wedstryde te kanselleer nie, het ons nie veel van ’n keuse gehad nie.”
Radiostasies wil 10 gesinne help met mediese hulp
Die Good Morning Angels-span van Jacaranda FM wil R300 000 insamel vir tien kinders wat op mediese behandeling in die Nelson Mandela-kinderhospitaal wag.
#JongStemme: Hierdie is Suid-Afrika
Baie welkom in Suid-Afrika. Ons praat vlot korrupsie en ons nasionale sport is onregverdigheid, skryf Ansie Bylsma, ʼn derdejaar- LLB-student aan die Noordwes-Universiteit.
Liefdadigheidsvlug voed afgeleë KZN-gemeenskap
“Aangesien die hele provinsie byna in puin lê was dit aanvanklik oorweldigend om te besluit waar die grootste nood is.”
Brandstofprys ook nie bestand teen onluste
Motoriste sal na verwagting volgende maand moet pa staan vir die nagevolge wat voortdurende onluste op die prys van brandstof het.
As wette wapens word
Daar is tans talle konsepwette wat daarop gemik is om verregaande idees deur te voer, soos die voorgestelde onteieningswetgewing. Die nuutste voorbeeld hiervan is die voorgestelde wysigings aan die vuurwapenwet, wat beoog om mense te ontwapen.
Stillknocks: ‘Jul ondersteuning het my aangevuur’
“Hierdie is slegs die begin; die goud [titel] kom binnekort huis toe.”
Aankoop van brandstof in kanne nou onwettig
Paniekbevange motoriste het Woensdag tougestaan by vulstasies ná berigte dat die land brandstoftekorte kan ondervind weens die voortslepende geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng.
Reëls vir dié troue word wyd gedeel
Een van die reëls is dat niemand met die bruid mag praat nie.
Geliefde SA mode-ontwerper sterf
“Ons harte is stukkend. Wat ʼn ongelooflike mens was jy nie. Ons sal altyd lief wees vir jou.”
KZN-premier ‘jammer’ ná hy plunderaar bykom
Die voorval het Woensdag met televisiekamers aanwesig plaasgevind. Kyk hier na die video: