Taalgebruikers struikel soms oor die gebruik van “ronde” terwyl hulle eintlik “rondte” bedoel. Lees gerus vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Alles vir Donderdag 15 Julie 2021
Brendin Horner: Vyf polisielede vas vir veediefstal
“Boere het kort ná die moord op Brendin Horner aan Bheki Cele gesê dat lede van ʼn veediefstalsindikaat moontlik by sy moord betrokke is.”
Rassie en kie. wys klipharde spel kan Leeus tem
Toe die tuisspan op die veld draf, het die A-Team se temamusiek oor die stadion se luidsprekers gespeel. En oudergewoonte het die uitgeslape Rassie Erasmus se planne gewerk.
Musiekster om dop te hou: Marius Lubbe
“Die musiekbedryf het my geleer dat harde werk, respek en nederigheid baie belangrike bestanddele is as jy sukses wil behaal.”
Boek: ‘Vin’ – Lien Botha
Lesers kan op Lien Botha se webwerf gaan kyk na kunswerke en plekke wat Vin in haar omswerwinge besoek.
‘Die pad na selfbestuur’: Groeiende selfbestuur as alternatief
In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, “Die pad na selfbestuur”, verduidelik hy die konsep van groeiende selfbestuur en hoe dit as ʼn alternatief vir Afrikaners én ander gemeenskappe kan dien.
Metropolisieman geskiet tydens taxi-geweld
Die metropolisiebeampte het saam met polisiebeamptes ʼn groep verdagtes – wat glo op taxi’s langs Jakes Gerwel-weg geskiet het – agternagesit.
Video: Covid-19 se impak op plattelandse skole
Plattelandse skole het unieke uitdagings tydens Covid-19-pandemie ondervind, vertel die paneel van hoofde in vandeesweek se aflewering van die “AON Tafelgesprekke vir prinsipale”.
Zoeloekoning sê onluste strek Zoeloe-nasie tot skande
“Die skandalige vernietiging van infrastruktuur is nie die regte manier om ontevredenheid te kenne te gee nie. Dit skep ’n beeld van ’n volk “wat hul waardigheid verloor het”.
80% van onnies, personeel ingeënt
Mense tussen die ouderdom van 35 en 49 sal van Donderdag aanlyn kan begin registreer om die Covid-19-entstof te ontvang.
Covid-19-statistieke: Byna 500 nuwe sterftes
Nog 17 489 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika bevestig.
Gedagte vir die dag: ’n Gebed van belydenis
Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. (Spreuke 28:13)