Boek: ‘Vin’ – Lien Botha

Lien Botha

“Die oor lê buite. Dit lê in ’n winterveld tussen Atlantis en Darling. Indien Junie se reën soos die meeste ander jare sorgvuldig sou val, sou die oor moontlik weggespoel het, beurend onder blare, takke en klippertjies. Maar dit lê oop en bloot en wag vir ’n honger dier se bek.”

Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ʼn vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling.

Lesers kan op Lien Botha se webwerf gaan kyk na kunswerke en plekke wat Vin in haar omswerwinge besoek. Besoek dit op www.lienbotha.co.za/vin-visual-2021.

Oor die skrywer

Lien Botha is wêreldbekend as kunstenaar-fotograaf en kurator. Wonderboom, haar debuutroman, is gekortlys vir die UJ-debuutprys en die WA Hofmeyrprys, en is bekroon met die Eugène Marais- en die Jan Rabie/Rapportprys, asook die Huisgenoot Tempo-toekenning vir Afrikaanse Roman van die Jaar. Botha woon op Bettysbaai.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.