‘n 92-jarige boer van Irak het Donderdagaand met ‘n 22-jarige meisie getrou, terwyl twee van sy tiener-kleinkinders by dieselfde geleentheid ook in die eg verbind is.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 Julie 2013
Mandela-prokureurs het glo mislei
‘n Klagte sal teen die Mandela-familie se prokureurs gelê word nadat hulle glo die hof mislei het oor die toestand van voormalige president Nelson Mandela se gesondheid.
Busbestuurder-staking begin Maandag
Metrobus-bestuurders in Johannesburg sal van Maandag af staak, het die SA Municipal Workers Union (Samwu) Saterdag gesê.
De Beers en NUM bereik ooreenkoms
De Beers en die vakbond NUM het ‘n ooreenkoms in hul loononderhandelinge bereik, het die diamantmynmaatskappy Saterdag gesê.
Britse Leeus kry 1ste reeksoorwinning in 16 jaar
Die Britse en Ierse Leeus het hul eerste reeksoorwinning in 16 jaar behaal toe hulle Australië vandag in hul derde en beslissende kragmeting afgeransel het in Sydney.
Oortydbetaling vir SAPD by Gupta-troue
Twee-en-sestig polisiebeamptes het glo oortydbetaling ontvang vir hul werk tydens die Gupta-troue, het die Saturday Star berig.
Varkgriep nog nie in Wes-Kaap
Die departement van gesondheid in die Wes-Kaap het Vrydag gesê daar was nog nie enige berigte van varkgriep in die provinsie nie.
Video: Dis ‘n klein wêreld!
Die koeldrankmaatskappy Coca-Cola het ‘n spesiale koeldrankmasjien gebruik om twee nasies, wat al van die middel 1900s in ‘n konflik gewikkel is, te verenig.
Nelson Mandela: Dokters verwerp idee om masjiene af te skakel
Voormalige president Nelson Mandela se dokters het die idee om die lewensondersteuningsmasjiene af te sit, buiten in die geval dat hy massiewe orgaanversaking opdoen, verwerp.
100 jaar tronkstraf ná pensioen-skietery
Vyf mans wat omstanders by ‘n pensioenbetalingspunt in Kranskop, KwaZulu-Natal gewond het, is Vrydag swaar gevonnis deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg.
Ouma probeer tevergeefs om baba te red
Kauthar Abrahams, ‘n agt maande oue babadogtertjie is Donderdagaand in ‘n brand in Bonteheuwel, Kaapstad, oorlede.
SAUK se 24-uur-nuuskanaal op DStv
Die SAUK het ‘n ooreenkoms met Multichoice aangegaan om sy 24-uur-nuuskanaal op DStv uit te saai.