Die hofsaak teen nog ‘n verdagte wat betrek word by ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat, is vandag in die landdroshof in Bloemfontein tot 28 Oktober uitgestel.
Lees meerAlles vir Woensdag 18 September 2013
Staat vra lewenslange tronkstraf vir Wes-Kaapse polisiemoordenaar
Die staat het vandag gevra dat Fabianus Fillipus (29), die Namibiese man wat twee polisiekonstabels verlede Oktober in Houtbaai vermoor het, die minimumvonnis van lewenslange tronkstraf vir elke moord opgelê word.
Verlaag wettige limiete vir bloedalkoholvlakke, vra minister
Die minister van vervoer, Dipuo Peters, het vandag aangekondig dat die wettige bloedalkoholvlak vir motorbestuurders dalk drasties verlaag kan word.
Video: Sjokonoster vir bewusmaking
As jy ‘n soettand het, gaan die versoeking die week groot wees in Bloemfontein.
Video: SA deurbraak maak wêreldwyd opslae
Wetenskaplikes van die WNNR het die wêreld se eerste digitale laser ontwikkel.
Vrou sterf na polisiejaagtog
Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek ʼn sakevrou se dood ná ʼn polisiejaagtog in Umkomaas, KwaZulu-Natal.
Selfmoord-meisie se foto in Facebook-advertensie gebruik
Facebook het om verskoning gevra nadat die foto van ʼn meisie, wat vroeër selfmoord gepleeg het, in ʼn advertensie op die sosiale netwerk gebruik is.
Bejaarde vroue se lyke in huis gekry
Die liggame van twee bejaarde vroue is Woensdagoggend in ʼn huis in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.
Gruwelhuis-verdagtes borg geweier
‘n Broer en sy twee susters wat daarvan beskuldig word dat hulle hul pa vermoor en twee van hul neefs ontvoer en aangehou het, is in die Atteridgeville-landdroshof borgtog geweier.
Nar het Engelse dorp op hol
‘n Nar wat snags, rooi pruik, witgeverfde mombakkies en ballonne inkluis, deur die strate van Northampton dwaal, het die inwoners op hol.
Meer as 3 miljoen werkdae tydens 2012-stakings verloor
Die departement van arbeid sê die aantal stakings in 2012 was die meeste in die afgelope vyf jaar.
Ouers skuldig aan manslag na baba se dood
Adriaan Netto en sy lewensmaat is Woensdag in die Protea-landdroshof aan strafbare manslag, kindermishandeling en verkragting skuldig bevind in verband met die dood van hul tien maande oue baba.
DA glo hy kan in Tlokwe wen
Die DA sê hy is vol vertroue dat hy in wyk ses, een van die drie wyke in Tlokwe in Potchefstroom waar tussenverkiesings vandag gehou word, kan wen.
‘Renosterstroper’ vas
Die polisie het ʼn vermeende renosterstroper naby die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke Woensdag gesê.
Vrou uit motor geslinger, sterf
ʼn Vrou is Woensdagoggend dood nadat sy uit haar motor geslinger is tydens ʼn botsing met ʼn taxi in Bloemfontein in die Vrystaat.
‘Lolly-moordenaar’ veg teen uitlewering
Lolly Jackson se vermeende moordenaar, George Luca, het 40 dae om om appèl aan te teken teen sy uitlewering na Suid-Afrika.
Minister: ‘e-tol teen jaareind’
Dipuo Peters, minister van vervoer, sê die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) sal vanjaar nog geïmplementeer word hoewel die aanvangsdatum van die omstrede e-tolstelsel nog nie bekend is nie.
Nuuskommentaar: OVK nou voor lakmoestoets
Die uitspraak van die Verkiesingshof gister wat in totaal tot die uitstel van ses van die nege tussenverkiesings in die Tlokwe-munisipliteit gelei het, plaas die Onafhanklike Verkiesingskommissie voor ‘n reuse toets om sy werklike onafhanklikheid te bewys.
Soldaat sterf in ongeluk
ʼn Soldaat is in ʼn motorfietsongeluk dood terwyl hy ʼn BBPiʼn Kempton Park aan die Oos-Rand vergesel het.
Voortvlugtige pa aangekeer, in hof
Adriaan Netto, wat aangekla word van die verkragting, aanranding en moord op sy tien maande oue babadogtertjie sal na verwagting Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.