Die Kaapstadse vragterminaal (CTCT) het teen Dinsdag die grootste deel van sy agterstand ingehaal. Slegs een skip lê nog op anker.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 November 2023
41 dalk binnekort ná 17 dae uit tonnel gered
Reddingswerkers staan Dinsdag op die drumpel om 41 mans te red wat al 17 dae lank in ʼn tonnel in Indië vasgekeer is.
Impala-myn: Vakbonde bevraagteken veiligheid by myn
Al 75 beseerde persone bly steeds in die hospitaal. Veertien van dié persone is in ʼn kritieke toestand.
VN-komitee druk SA regering oor plaasmoorde, rassekwotas
“Die feit dat die VN nou vrae oor plaasmoorde, ‘Kill the Boer’ en rassekwotas aan die Suid-Afrikaanse regering begin vra, is van die vrugte van AfriForum en Solidariteit se volgehoue internasionale bewusmakingsveldtogte.”
Student in hof oor juffrou se moord
“Die inhegtenisneming het gevolg ná kringtelevisiebeeldmateriaal in die omgewing van Parkmore bekom is.”
Nuwe Omoda beïndruk nie
ʼn Windmaker‑ontwerp met ʼn opsionele bakpakket wat plaaslik gepas kan word. Dié pakket bied ʼn reusevlerk agterop.
Dié produkte jaag voedselinflasie
Die prys van aartappels het byvoorbeeld soveel gestyg dat dit verlede maand alleenlik verantwoordelik was vir byna die helfte van die Johannesburgse varsproduktemark se totale inkomste vir die maand.
Fase 4, 6-beurtkrag beurtelings toegepas
“Die patroon van fase 4-beurtkrag tussen 05:00 en 20:00 en fase 6-beurtkrag van 20:00 tot 05:00 sal tot Saterdagoggend herhaal.”
3 500 by ArcelorMittal kan werk kwyt wees
Die redes wat vir die maatskappy se drastiese besluit aangevoer word, sluit in Eskom se volgehoue beurtkrag en Transnet se hoë koste.
Só werk hysbak wat 200 meter na onder tuimel
“As hierdie ding nagegaan en onderhou is, kon dit vermy gewees het,” sê die metaalwerkersvakbond Numsa.
ToekomsVenster: Sien jy dit?
So ry ek en sien met my oë drie jongmanne wat die sement-geplaveide eilandjies met ʼn graaf en besem aandurf.
Ma, dogter van Harties ná stryery doodgeskiet
Daar was na bewering ʼn rusie, waarna die man glo sy jaggeweer gaan haal en albei vroue doodgeskiet het.
Oos-Kaapse man wat jong meisies teiken, skuldig bevind
Hy sou die slagoffers lok met beloftes van geld, drank, luukshede en kos om na sy woonstel te kom.
Vier dood toe motor padroller tref
Nog ʼn persoon is ernstig beseer.
ANC wil appelleer teen uitspraak oor verkiesingsplakkate
Die appèlhof het onlangs gelas dat die ANC meer as R100 miljoen aan ʼn KwaZulu-Natalse bemarkingsmaatskappy moet betaal vir verkiesingsbaniere wat hy in 2019 laat druk het.
‘Die Kontrak 3’-wenner maak sy debuut op Top-20
Die wenner van “Die Kontrak 3” maak vandeesweek sy debuut op die Top-20.
Wes-Kaap verklaar interregeringsdispuut oor salarisse
“Gee ons ons R1,1 miljard of ons sien julle in die hof.”
SA aan VN: ‘Apartheid-ongelykheid noodsaak raswette’
“Die toepassing van diensbillikheid en verwante praktyke is daarop gemik om die strukturele ongelykhede wat uit apartheid geërf is, reg te stel,” het die regering voor die Verenigde Nasies aangevoer.
Chaos by Dbn-hawe kan vertragings beteken, pryse laat opskiet
“Ongelukkig moet verbruikers gereed maak vir ʼn paar moeilike maande wat voorlê.”
Noordwes-sindikaat pers boere glo af; vergiftig vee
Die afgelope naweek is hierdie skrikbewind op die spits gedryf toe 33 van ʼn boer se beeste vergiftig is nadat hy die vermeende sindikaatleier gebel het en gevra het om op te hou om sy beeste te steel.