‘Die Kontrak 3’-wenner maak sy debuut op Top-20

Chris Steyn. (Foto: Spotify)

Chris Steyn is pas as Die Kontrak 3-wenner aangekondig tydens die eerste vertoning van die gewilde “Afrikaans is Groot”-konsertreeks. Sy enkelsnit, “Helemal”, betree die week Maroela Media se Afrikaanse Top-20 op die derde plek.

Riaan Benadé sak ongelukkig met een plek die week en staan nou op nommer twee, terwyl Die Piesangskille se “Inge 2” terug in die topposisie is.

Boonop spog Die Piesangskille met nog ʼn enkelsnit, “Haar naam was Somer”, wat nou op die Top-20 verskyn.

In vandeesweek se Top-20 is daar twee liedjies wat klim, twee nuwe liedjies wat die Top-20 betree, dertien liedjies wat hul plekke verloor en drie wat onveranderd bly.

  1. Die Piesangskille – “Inge 2”
  2. Riaan Benadé – “Boksemdais”
  3. Chris Steyn – “Helemal”
  4. Elandré – “Asseblief”
  5. Brendan Peyper – “Moegdans”
  6. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
  7. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
  8. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
  9. Droomsindroom – “Dans alleen”
  10. Appel – “Foute”
  11. Barto – “H2Oë”
  12. Die Piesangskille – “Lyntjie”
  13. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  14. Barto – “Slukkie inspirasie”
  15. Eloff – “Koue kole”
  16. Barto – “Impulsief”
  17. Jay – “Stoutgat”
  18. Riana Nel – “Ek wonder”
  19. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
  20. Bernice West – “As Hy weer kom”

Nuwe uitreikings:

Dirk van der Westhuizen. (Foto: Facebook)

Derónshay het pas haar jongste enkelsnit, “Is jy nog hier”, bekendgestel. Sy beskryf die lied as lekker kontemporêr met ʼn country-aanslag. Vir Derónshay was die enigste uitdaging met die lied en die kortspeel-album om iemand te kry om dit te vervaardig. Gelukkig het sy en Vincent Gordon mekaar goed aangevul, en het hy die enkelsnit en die kortspeel-album vervaardig.

Dirk van der Westhuizen is ook terug met ʼn splinternuwe lied, “Kinders van die warrelwind”. Die lied is soos sy ander liedjies modern, energiek en “in die palm van die moderne sokkiemark”.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Emil Paul se “10”, Mirandi se “As jy bid”, Fokofpolisiekar se “Dans deur die donker”, Die Piesangskille se “Haar naam was Somer”, Chris Steyn se “Helemal”, Andriëtte se “Kannie warrie”, Natasha van der Merwe se “Kom ons dans”, Lliam Meredith se “Kwart voor agt”, Leah se “Ligte laag”, Amore Barnard se “Man vat”, Anneli van Rooyen saam met Sensasie se “Neem my op vlerke”, Juan Griffith se “Platvoet”, Jammer se “Sink”, Zaan Sonnekus se “Terapie vir nou”, Millennium se “Vakansie vir my siel”, Deon Human se “Vat nog ʼn kans”, en Irene-Louise van Wyk se “Waar gaan ons dans vanaand?”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meermin ·

Chris Steyn het absoluut verdien om te wen! Plat op die aarde, met baie mooi stem. Woeker met jou talent jong man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.