Student in hof oor juffrou se moord

Kirsten Kluyts (Foto: Facebook)

Bafana Mahungela (21) het Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met die moord op Kirsten Anne Kluyts.

Maroela Media het vroeër berig Kluyts (34) se liggaam is op 29 Oktober langs ʼn drafpaadjie in die George Lea Park gevind nadat sy aan ʼn MyRun-drafgeleentheid deelgeneem het. Kluyts was ʼn onderwyseres aan die Delta Park High School.

Sy het aan die byeenkoms deelgeneem, maar ander atlete kon haar ná die wedloop nie opspoor nie. Hulle het ʼn soektog van stapel gestuur en op haar liggaam afgekom.

“Mahungela is op 26 November by ʼn koshuis van Varsity College in Benmore in hegtenis geneem,” sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag. “Die inhegtenisneming het gevolg ná kringtelevisiebeeldmateriaal in die omgewing van Parkmore bekom is.”

Mjonondwane sê die saak is tot 5 Desember 2023 uitgestel sodat Mahungela ʼn prokureur kan aanstel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Student? Ja shure. Steek iemand se lewe wat NIE SY REG OF VOORREG IS NIE…en dan word sy reg om regsverteenwoordiging te kry voorop gestel? KLUG! SOOS DIE MOORDENAAR WAT N ONSKULDIGE VROU SESTIEN KEER GESTEEK HET WAT NA N JEUGSENTRUM GESTUUR WORD?

Waarnemer ·

n Prokureur vir wat?Om hom los te lieg?Moord is moord en die vuilgoed behoort gehang te word.

Martie ·

Nêrens is jy meer veilig nie. Nou word daar wyd en syd geredeneer jy moet nie alleen gaan stap of draf of fietsry nie. Nou hier word iemand vermoor wat aan ‘n kompetisie deelgeneem het, waar nou die logika van in groepe.

George ·

Johann, Waarnemer, hy kort n prokureur, anders gaan hulle hof toe, en 2 maande in, se die hof hy verstaan nie wat aangaan en die omvang van sy crime nie, en hy word weskoppies toe gestuur vir 32 dae en is weer vry.

George ·

@Martie, presies, dis soos die 3 atlete wat laas week hier in die Kaap gerob is in die middel van n kompitisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.