Volgens die polisie se inligting het beamptes op die bende toegeslaan toe hulle by ’n huis die transitorooftog beplan het.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 September 2023
Goud wink vir SA rolbalspan
Die Protea-rolbalspan se hoop om Sondag in Australië goue medaljes in die Rolbal-wêreldkampioenskapstoernooi te verower, lyk belowend.
Strafregtelike klagte teen EFF ná Tshwane-kabaal
Videobewyse van die voorval is by die polisie ingedien, wat wys hoe DA-raadslede deur lede geklee in EFF-hemde geslaan, geskop en geslaan word, asook met voorwerpe gegooi word.
Polisie skiet 18 verdagtes in Limpopo dood
Altesaam 18 verdagtes is Vrydagmiddag in Makhado (Louis Trichardt) in Limpopo tydens ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet.
Kom kuier Saterdag by 4×4-buitelug-ekspo in Pretoria
Bring die hele gesin en span uit by die South African 4×4 & Outdoor Show.
Booswigte vas wat bronsfries op Kerkplein wou steel
Toe booswigte een van die koperfriespanele van Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria probeer steel het, het hulle nie gereken op die vinnige reaksie van die polisie nie.
ToekomsVenster: As jy wakker lê
Neem jouself dit voor: “Dit was die laaste vermorste wakkerlê wat ek gehad het. Ek gaan dit as ʼn gawe benut en myself in die Here verlustig”.
Solidariteit ‘swaai só digitale beroepsdeure oop na die toekoms’
Solidariteit swaai vandag die digitale deure na die toekoms wawyd oop met die bekendstelling van sy splinternuwe Afrikaanse aanlyn netwerkplatform wat op opleiding en werk fokus.
Brand in Jhb ‘apartheid se skuld’
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, sê apartheid moet die skuld kry vir die brand by ʼn Johannesburgse gebou wat die lewe van minstens 74 mense geëis het.
Veteraan Geerdts laat sport goed klink
Die bekende Arnold Geerdts is deel van Maroela Media se Wêreldbeker-span vir die rugbyskouspel in Frankryk.
Basta met die regering; ons help mekaar om op groot skaal te werk
Solidariteit het so pas ʼn reusagtige nuwe werkplatform bekendgestel. Dít is “ons sal self” in snelrat.
Warmste winter nóg vir Australië
Australiese navorsers het herhaaldelik gewaarsku dat klimaatsverandering die risiko van natuurrampe soos bosbrande, vloede en siklone vergroot.
Lewenslank vir kinderverkragter
Die verkragting het in Maart 2021 in Lydenburg, Mpumalanga, plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en haar ma het by Deon Broekman, wat ’n familievriend was, gekuier.
Skerpste petrolprysstyging in maande verwag
Die verwagte stygings word grootliks gedryf deur internasionale oliepryse wat gestyg het as gevolg van lae vraag en verlaagde uitset.
Kolisi wil Bokke weer na glorie lei
Die Springbokke se kaptein Siya Kolisi is vuur en vlam om sy span na glorie te lei by vanjaar se Wêreldbekerrugbytoernooi. Veral nadat hy maande lank onseker was of hy gereed sou wees vir die Wêreldbeker in Frankryk na ʼn kniebesering en operasie.
Mediaverklaring-werkswinkel: Staan ʼn kans om ʼn Maroela Media-advertensieveldtog te wen
Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied 20 Oktober 2023 ʼn aanlyn oggendwerkswinkel aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.
Beter as ʼn rekenaar? Britse polisie gebruik ‘super-gesigherkenners’
Polisiemagte landwyd gebruik beamptes wat ʼn uitsonderlike vermoë het om gesigte te onthou en ʼn bogemiddelde aanleg het om dié mense te identifiseer. Net sowat 1% van die bevolking het egter dié “superkrag”.
Eddie gee pluimpie vir ‘innoverende’ Bokke
“Suid-Afrika verdien ʼn klop op die skouer vir hul dapper en onverskrokke benadering tot die spel,” het Eddie Jones gesê nadat die Springbokke sewe voorspelers op hul Twickenham-plaasvervangersbank gehad het.
Staat sal inligting oor Covid-19-kontrakte bekend maak
Die departement van gesondheid onderneem om nie later nie as 29 September die res (deel 2) van die dokumente aan die organisasie beskikbaar te maak.
Regering kan nie onskuldig pleit oor Jhb-tragedie
“Ek waarsku die Stad Johannesburg al vir meer as drie jaar oor die gevare wat gekaapte geboue vir die mense inhou wat daarin woon.”