Louis Trichardt-skietery: Klomp plofstof, aanvalsgewere teruggekry

(Foto: Cliff the Reporter/Twitter)

Die polisie het Vrydagmiddag in Makhado (Louis Trichardt) in Limpopo ’n groep transitorowers se planne om ’n rooftog uit te voer in die wiele gery, waarna ’n skietgeveg uitgebreek het waartydens 18 verdagtes doodgeskiet is.

Volgens die polisie se inligting het beamptes op die bende toegeslaan toe hulle by ’n huis die transitorooftog beplan het. ’n Skietgeveg wat etlike minute geduur het, het gevolg.

Die skietery het net ná 14:00 plaasgevind.

Daar is beslag gelê op ’n groot hoeveelheid wapens, ammunisie en springstof. Daar is ook beslag gelê op vyf voertuie, waaronder ’n Land Rover Freelander, Toyota Hilux-bakkie, Ford Ranger Wildtrack-bakkie, Jeep Cherokee-sportnutsmotor, Mercedez-Benz GL en ’n Volkswagen Tiguan, het SaferCity, ‘n sekuriteitsorganisasie, in hul verslag bevestig.

Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, en lt.genl. Tebello Mosikili, adjunk- nasionale kommissaris, Vrydagmiddag na die misdaadtoneel gegaan het. Daar is nog nie inligting beskikbaar oor hul besoek aan die toneel nie.

“Alle nodige rolspelers is ontbied en is tans op die toneel. Ondersoeke gaan voort,” bevestig die polisie.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Loun ·

Uitvoering van julle pligte is verwelkom…
Uistekend, hou so aan…

Frikkels ·

Enigste manier om ontslae te raak van die skuim wat die samelewing treiter. Goed so, hou so aan!

Frank ·

Sjoe, wonder wats die storie agter die storie. 18 is ‘n klomp, en almal gewapen, neem ek aan en niemand het hande opgesteek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.