Warmste winter nóg vir Australië

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Manish Upadhyay)

Australië het vanjaar die warmste winter nóg gehad. Dit is die jongste rekord in ʼn reeks rekords wat wêreldwyd oortref word namate klimaatsverandering byt.

Simon Grainger, ʼn senior klimatoloog by die land se meteorologie-departement, sê die gemiddelde wintertemperatuur oor die hele Australië was 16,75 °C van Junie tot Augustus.

“Dit is hoër as die vorige rekord van 16,68 °C wat in 1996 opgestel is.

Granger sê Australiese weerrekords dateer terug na 1910.

La Niña-toestande het die afgelope jare warm winters en koeler en natter somertoestande oor ʼn groot deel van Australië veroorsaak.

Volgens meteorologiese data het die winter – wat Donderdag tot ʼn einde gekom het – die tweede hoogste maksimum temperature op rekord gehad en ook die hoogste minimum temperature.

Australiese navorsers het herhaaldelik gewaarsku dat klimaatsverandering die risiko van natuurrampe soos bosbrande, vloede en siklone vergroot.

Ná verskeie nat jare verwag kenners dat die komende somer die mees intense bosbrandseisoen sedert 2019-2020 sal meebring. Dié sogenaamde “swart somer” het bosbrande oor Australië se oostelike kus veroorsaak, wat groot dele van die woude tot niet gemaak, miljoene diere se dood veroorsaak en stede in skadelike rook bedek het.

Australië het ook vroeër vanjaar die sterkste winde gehad wat die land nog aangeteken het, toe ʼn tropiese sikloon die land se noordweste getref het.

Windsnelhede van 289 km per uur is aangeteken.

Wêreldwye temperatuurrekords is die afgelope paar jaar oorskry namate klimaatsverandering weerstoestande meer wisselvallig maak.

Volgens die Europese Unie se klimaatsterrewag, Copernicus, is Julie 2023 – gekenmerk deur hittegolwe en brande oor die hele wêreld – as die warmste maand op aarde geregistreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KC ·

Absolute Nonsens!!!
Data wys dat bosbrand akkers wêreldwyd oor die afgelope honderd jaar afgeneem het, en Nie toegeneem het nie.
Hitte veroorsaak bie spontane ontsteking van veld of bosbrande nie.
Vra gerus vir enige mielie boer, wat vir jou sal bevestig dat dit nie hitte is wat sy mielies op die land uitdroog voor oes nie, maar koue.
In Australia, net soos in Suid Afrika, vind veld en bosbrande hoofsaaklik plaas in die Winter, en Nie in die Somer nie, en net soos ons Winter nou verby gaan, gaan Australia s’n ook nou verby.
Hierdie is’n emosionele saak aangehits deur verskeie vorms van media.

Cherokee ·

En jy hoop op duimoppe vir jou ‘absolute nonsens’ kommintaar wat absolute nonsens is. Jy wyt jou mening aan niks anders as emosionele opinies, wat steeds gebonde probeer wees aan wetenskaplike vergelykings.,

KC ·

Wat het jy gelewer boonop jou mening???
Kyk gerus na data verskaf deur die Australiaanse BOM, wat geensins ‘n tendens vir stygende temperatuur toon nie.
Hierdie inligting verskaf in die artikel is nog onderworpe aan bevestiging, en indien wel akuraat dui aan op ‘n weers verandering, en Nie op klimaats verandering nie.
Voordat jy verdere oningeligte menings uitspreek, bepaal asseblief die verskil tussen weer en klimaat.

Miskruier ·

Nonsense, my broer in Queensland(tropiese warm klimaat) het die ys onlangs op sy beeskrip moes breek.

Nettie ·

Sjoe. In amper 30 jaar het die rekord met 0,07 °C gestyg! Verstommend!

Ons sal moet ophou asemhaal, ophou vleis eet, alle koeie slag en alle koolstof kragverbruiking onmiddellik stop!!!

Wat gaan ons maak as dit in 100+ jaar dalk net met 0.5 °C styg?? O, weë, ons is gedoem!!
:-) :-) :-)

Cherokee ·

Ek waardeer jou kommentaar met komiese inslag, maar wonder steeds waarom ons nie osse ook kan slag. Ag okay, jy verdien steeds ‘n duimop! Hier kom dit…

KC ·

Volgens data verskaf deur die Australiaanse BOM ( Bureau of Meteorology ) het 2019 die hoogste gemiddelde jaar temperatuur getoon vir die afgelope tien jaar, met ‘n afname in 2020, 2021 asook 2022, wat duidelik daarop aandui dat daar nie ‘n tendens vir stygende temperatuur in Australia bestaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.