Skerpste petrolprysstyging in maande verwag

(Argieffoto: iStock)

Verbruikers moet gereed maak vir massiewe stygings in die brandstofprys vandeesmaand met die prys van diesel, petrol en paraffien wat na alle verwagting beduidend gaan toeneem.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê die petrolprysstyging sal die hoogste sedert Julie verlede jaar wees, terwyl die styging in dieselpryse na verwagting ook rekordhoogtes sal bereik.

Gegrond op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds is die verwagting tans dat die prys van 95-oktaan-petrol en 93-oktaan-petrol onderskeidelik met R1,65 en R1,59 per liter gaan styg en die prys van diesel met ’n astronomiese R2,85 per liter.

Die prys van paraffien sal na verwagting met R2,80 per liter toeneem.

Vir motoriste in die binneland wat 95-oktaan-petrol gebruik, sal die verhogings ’n prys van tussen R22,83 en R24,48 per liter tot gevolg hê, en 93-oktaan-petrol tussen R22,43 en R24,02 per liter. Die styging in die dieselprys sal ’n prys van tussen R20,21 en R23,06 per liter beteken.

“Die verwagte stygings word grootliks gedryf deur internasionale oliepryse wat gestyg het as gevolg van lae vraag en verlaagde uitset. Ontleders verwag dat Saoedi-Arabië, die wêreld se grootste olie-uitvoerder, sy vrywillige produksiebesnoeiing tot Oktober sal verleng, wat olievoorraad styf en pryse hoog sal hou,” sê die AA.

Volgens die data dra hoër internasionale oliepryse tussen 80% en 88% by tot die verwagte brandstofstygings, met die swakker wisselkoers teen die Amerikaanse dollar wat ook ʼn uitwerking het.

Volgens die AA sal motoriste dit nie net aan hul beursies voel wanneer hulle ’n draai by die vulstasie maak nie, maar ook by goedere en dienste wat ook oor die algemeen prysstygings sal ervaar.

“Ons moedig motoriste weereens aan om te verseker dat hul voertuie in ʼn goeie toestand is en optimaal werk om die korrekte hoeveelheid brandstof te gebruik. Om swaar verkeer te vermy en nie jou voertuig te oorlaai nie, sal ook help om brandstofverbruik te verminder.”

Die departement van minerale hulpbronne en energie sal Maandag die amptelike aankondiging oor die prysveranderings doen. Die nuwe brandstofpryse tree Woensdag in werking.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JohanR ·

Kan ons R30 ‘n liter sien Desember 2024? Iemand maak lekker geld!

Wondermaarnet ·

Melk ons maar ANC. Hoe dink hulle moet die boere oorleef? Kospryse gaan moet styg as diesel so baie styg en dit is almal wat dan swaartrek.

Koen ·

Desember pak almal weer hull karavane en verdwyn see toe. Swaar lewe hier in die sonnige RSA.

Yolandie ·

Tap nou letterlik bloed ut ‘n klip uit, petrol, krag ……kos. Een vd dae staan ons almal op ‘n straat hoek en bedel. Dan vrot die kos op die winkelrakke en die mense ry dan ook almal fiets……want so kan ‘n mens net nie oorleef nie……regtigwaar.

Kirst ·

Die paaiement op ‘n nuwe Ford Wildtrak is R24 000 ‘n maand plus nog R2 400 vir versekering. Dan het jy nog nie ‘n kilometer gery nie. Ek weet nie hoe koop mense nuwe karre nie.

Gerhard ·

Voor die Vader, ek weet nie meer nie. Regtig, dit kan nie so aangaan nie. Eintlik is hulle nie so dom soos ons (ek) dink nie. hulle weet resies waar om ons pak te gee, want hulle weet ons moet by die werk kom en ongelukkig bly ons nie almal naby genoeg aan die werk om te stap of om met die fiets te ry nie, so, slaan hulle (ons) waar dit maklik is, want ons gaan maar net omdraai en die houe vat, maak nie saak hoe seer dit maak nie. Hulle (wie die besluite neem en die belasting op die brandstof in die sak steek) betaal mos nie daarvooor nie, ons inkomstebelasting betaal daarvoor, so, ons vat dubbelle pakslae. Ek weet nie waar hierdie gaan eindig nie, maar ek voel dit al meer en meer aan my vat. Sterke almal, hierdie gaan ons so bietjie boelie.

Koen ·

Minder drank en sigarette, boet. Loop meer. Werk self in die tuin en maak self jou huis skoon. Dis wat.

Nonnie ·

Yip, want die anc het GROOT geld nodig vir volgende se verkiesing…..

Piet parys ·

Sars se inkomste het gedaal agv werkloosheid en besighede wat toemaak en nou melk hulle die res van die ekonomie leeg

Kokerboom ·

Hier is lankal ‘n slang in die gras met ANC brandstof prysbepalings. Wat is werlike korrelasiesyfers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.