‘Sluit Wes-Kaap se grense’

(Argieffoto:
pixabay)

Die Referendum Party eis dat die Wes-Kaap sy grens met Suid-Afrika sluit “sodat die grootskaalse onwettige grondbesetting wat die provinsie al vir jare teister tot ʼn einde kan kom”.

Die enkelsaakparty vir burgers van die Wes-Kaap wat Kaapse onafhanklikheid ondersteun, sê die huidige situasie in die provinsie is nie volhoubaar nie. Volgens die jongste sensusuitslae is 30% van die Wes-Kaapse bevolking nie in die provinsie gebore nie en die tempo van immigrasie daarheen versnel voortdurend.

“Onwettige grondbesettings eis ʼn hoë tol van die gemeenskappe wat daardeur geraak word. Mense moet kan Kaap toe kom, maar hulle moet dit wettig doen,” sê Phil Craig, leier van die Referendum Party.

“Hierdie is ʼn brandende kwessie in die Wes-Kaap wat die mense van die provinsie woedend maak. Dit het ʼn massiewe uitwerking op die omgewing, dring in op erfgrond, steel hulpbronne van wettige inwoners en asof dit alles nie erg genoeg is nie, bevoordeel regeringsbeleid dikwels diegene wat onwettig hier is bo die wettige inwoners wanneer dit by werkgeleenthede kom.”

Volgens Craig sal ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid ʼn demokratiese mandaat gee om die grens van die provinsie te sluit.

“Die Wes-Kaap moet dan die grens sluit en streng immigrasieprotokolle in werking stel wat nierassig is en strook met internasionale norme. Ongeag ras moet alle mense welkom wees om na die Wes-Kaap te kom. Hulle moet dit egter wettig doen en op ʼn manier wat die lewensgehalte van bestaande inwoners van die Wes-Kaap verbeter eerder as om hulle skade te berokken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Raadsman ·

Die probleem is om enige onwetting grondbesettings so gou as moontlik te hanteer. So die munispaliteit moet dit bestuur anders gaan dit hand uitruk en crime kan die hoogtes in skiet, maar weet verseker die Kaap gaan dit nie reg kry om onafhanklikheid te kry nie.

Nicky ·

Julle stry verniet daar gaan niks van dit kom nie, moenie mekaar verraai nie, gaan stem eerder volgende jaar

Republikein in die Wes Kaap ·

Die stembus werk nie. Die ANC sal daar verslaan word nie. Die DA en hul maters sal skaars 25% van die stemme kry. Die DA se einde is in sig.

Anonymouse ·

Ek het nou lekker gelag. Ai Craig, laat weet as ons geld moet insamel vir ‘n dokter. O, en Malema vra sy seepkassie terug.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek stem 1000% saam. Vergeet van ‘n onafhanklike Wes-Kaap sonder geskikte grensheining en effektiewe patrolering. Leer wat huidiglik in Wes-Europa, Brittanje en die VSA aangaan: onbeheerde toestroming en verdringing.

Republikein in die Wes Kaap ·

Onnodig. Ons wil net ons provinsie beskerm. Ander provinsies behoort dieselfde te doen. Nee wag, dis reeds te laat vir die binneland. Buitelanders het Gauteng reeds oorgeneem.

Elma ·

Ek weet nie wie dink die mense is hulle nie. Die redenasies raak by die dag meer belaglik.

Elma ·

Is ek welkom as ek R10 miljoen in my bankrekening het of is dit te min.

Jack ·

Nee wat.Ek is ook nie in die weskaap gebore nie maar bly al 25 Jaar hier en lewer ‘n waardevolle diens aand die weskaap.Ek betaal my belasting elke maand en is geen las vir die provinsie nie.Ek besit ‘n huis ens.So moet ek nou ook ontruim omdat ek nie hier gebore is nie ? Nee julle moet maar weer dink.Ek verstaan die probleen van instroming maar julle kriteria moet hersien word.Stop dalk eerder die wat hier aankom sonder werk,blyplek of enige heenkome.Hoe gaan julle ooit so iets regkry ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy sal nie uitgeskop word nie. Moontlik sal jy wel jou SA burgerskap moet opgee.

Estelle ·

Ek stem 100% saam met jou, Jack. Ek vra niemand niks verniet hier in die Wes-Kaap, betaal my “dues” – moet ek ook nou gaan?

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja. Maar indien jy nuwe burgerskap aanvaar sal jy moontlik SA burgerskap moet opgee.

Bolandse Nooi ·

Jy kan ‘n besoekers-visa kry. @Juanita, sy sê sy is gebore in Worcester, nie dat sy nog hier bly nie.

Wakkerslaper ·

Moet sê, hierdie ouens begin nou simpel raak. Kry hierdie “Kaapse onafhanklikheid” idee uit julle koppe. Boonop dat dit totaal onprakties is, dink julle nou regtig die regime sal so iets toelaat. Julle sien hoe die lot nou tekere gaan oor “apartheid Israel”. Of laat ek dalk so vra: is julle bereid om hierdie “onafhanklike republiek” te anekseer dan en te beskerm, wat dit ookal mag vra? Want dit is AL MANIER hoe so iets sal werk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou regime het lankal beheer verloor. Jy is onnodig bang vir hulle. Daar is geen omdraai nie. KZN en die Noord-Kaap gaan eerste wegbreek, dan die WK.

Manie ·

Die tempo waarteen inkommers vir stem doeleindes hier geplant word, is skrikwekkend. Ek weet nie wat moet gebeur om dit te stop nie, maar as iets nie gebeur nie, lyk die Wes-Kaap oormôre nes die res van die land.

Catherina ·

Ek stem
. Haat dit om te sien hoe ons pragtige provinsie oorgeneem word. Wens Kaap was nog n Orania

Nici ·

Wat Phil se is waar. Daars verskriklik baie onwettige immigrante van regoor Afrika wat hier plak. Dis wel ‘n probleem wanneer mense geen heenkome het nie maar net tent opslaan op ander se grond, al is hulle burgers.

Wildemien ·

Onwettige immigrante is oral, die hele land vol. Wat maak die WK so spesiaal dat daar nog ‘n grens moet kom?
Dis nie die oplossing nie. Die oplossing berus by beleidmakers en nasionale grense.

Joggie ·

Kan dit goed verstaan. Die ANC ry duisende vanaf die Oos Kaap aan om in Kaapstad omgewing te kom plak.

chris ·

Die Wes Kaap is reeds so oorstroom met onwettige immigrante dat die proses moeilik omkeerbaar gaan wees. Die VSA(Texas byv.) en Europa is sprekende voorbeelde.Daar is ‘n WEF/VN /NWO-strategie ter sprake wat moeilik finansieel beveg kan word tensy dit tot op die spits gedryf word en in ‘n revolusie ontaard.

Elma ·

Dankie Hussin, ek wil net seker maak om nie dieselfde fout te maak as 8 jr terug toe ek WEL daar gebly het nie.

Bolandse Nooi ·

@Ela, goed, bly dan waar jy is. Ons geniet die (redelike) vryheid, rustigheid en vrede (van die plattelandse dele van die Wes-Kaap) nog vir die oomblik, al wemel dit in ons dorp van die NP-, GP-, MP-, L- en FS nommerplate op voertuie soos “volksvreemdelinge” hierheen stroom.

Rudolph ·

Ek kry nie ‘n antwoord op my vraag nie= HOE? Dis ‘n baie lang grens om te bewaak. My groter bekommernis is dat die Referendum Party nou die stemme vir die DA en die VF+ kan verdun en sodoende die deur vir die ANC oopmaak. Dit is wat mens noem “om jouself in die voet te skiet.

Bolandse Nooi ·

Rudolph, nie alleen is daar etlike kilometers se grens om “bewaak” te word nie, maar om in totale soewereiniteit te slaag, moet daar ook voorsiening gemaak word vir grensposbeheer, ‘n eie polisiediens, weermag, gesondheidsdienste en noodredding, geldeenheid ens. ens. Hierdie is ‘n pypdroom. Nie alleen sal soewereiniteit NIE die probleem van “inkommers” in die provinsie oplos nie (hoe meer onbereikbaar of eksklusief iets is, hoe meer mense wíl dit ten alle koste hê). Boonop herinner dit mense aan Apartheid en ons weet mos nou: die ANC sal dit so nooit-as-te-nimmerte toelaat nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die grens is eintlik kort met baie bergreekse. Tussenin word Sisal aangeplant. Dan word grensbeheer maklik.

OU SAAR ·

Bou ń muur…
Sekerlik as hulle geld het om af te stig is daar geld om ń muur te bou met spikes en kragkabels bo-op sodat niemand kan oorklim nie… ;-)

Republikein in die Wes Kaap ·

Onnodig vir ‘n muur, Ou Saar. Daar is reeds bergreekse om te oorwin. Die areas tussen in kan maklik beheer word. Ons is nie hulpelose SA nie. Terloops, waarom wil migrante so graag hier bly? Dis die vraag wat beantwoord moet word.

Sebastiaan ·

Die berig praat van onwettige grondbesetters, laaste paragraaf: ” Ongeag ras moet alle mense welkom wees om na die Wes-Kaap te kom.”

Sobymykoolkop ·

Nee Elma ek dink jy verstaan vekeerd.Dink geen probleem as jy wettig daar is nie.Gaan oor die wat van Oos Kaap ingevoer word

Elma ·

Dankie Hussin, ek wil net seker maak om nie dieselfde fout te maak as 8 jr terug toe ek WEL daar gebly het nie. Toe het ek net R5 miljoen gehad.

Hendrik ·

Daar is niks verkeerd vir enige gemeenskap om homself te beveilig nie. Dit geld ook vir ongewenste ekonomiese vlugtelinge van die Oos-Kaap wat die ekonomie van die Wes-Kaap bedreig met hul instroming. Dit is tyd dat daar gekyk word om die Oos-Kaap se ekonomie te red, maar die ANC wil nie want hulle skep ‘n doelbewuste probleem vir die Wes-Kaap.

Rudolph ·

Jy het ‘n punt beet. Dit is eerder haalbaar (baie moeilik maar tog) om die omliggende provinsies te probeer ophef as om te wil afstig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Rudolph, na 30 jaar het die ANC tou opgegee. Nie eers 100 Nobel wenners sal die OK kan ophef nie.

Martie ·

Ek het meer as 50 jaar gelede in die OK gewoon, niks het verander nie behalwe dat hop huise gebou is vir duisende wat onbewoon staan want die eienaars plak in die WK of bly hier in hop huise waarop hulle aandring. Selfs hier het hulle meer as een hop huis en so verdring hulle ons eie mense en neem ons werke oor.

Jannie van Niekerk ·

Ek stem 100 % saam met Phil Craig. Die spul werkloses wat die ANC hier kom plant het om die Weskaap te probeer regeer het die ANC beheerde munisipaliteite totaal en al opge…
Bv. in Theewterskloof was daar R150 miljoen rand positief reserwes onder DA begeer en in 2023 het dit vermimder na minus R 50 miljoen rand onder ANC beheer. Dit sê mos iets.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners het hul pioniersdrang verloor. Ons sit en wag vir dinge om te gebeur. Daagliks word ons verder uitgerangeer tot weerlose en skadelose wesens. Mense met geld verlaat die land. Die res het hul lot aanvaar.

Juanita ·

Jy is meer as welkom solank jy op ‘n wettige manier hierheen kom, ongeag jou bank balans.

houopkruip ·

Elma, glo my jy is ligjare beter af in ‘n baie, baie beter Namibia.
Bly weg uit hierdie nes – die regering gaan die kaap onregeerbaar maak na die verkiesing. Dis net ‘n groepie kapenaars wat glo dit sal beter gaan met hulle.
In elk geval – om hier te oorleef, moet jy die mense in beheer verstaan, iets wat die meerderheid van ons volkie nooit sal regkry nie.

Elma ·

Ek stem!!! Nog goeie mense in Namibie wat nie ander veroordeel en kruisig nie.

Elma ·

Enige tyd Bolandse Nooi! Baie dankie, jou antwoord is sprekend van die mentaliteit.

houopkruip ·

Elma, jy is so reg met jou siening van die mense wat jou so aanvat.
Jy is beter af in Nam. Glo my.
Bevoorreg.
Ek beny jou.

Edwin ·

Soveel afbrekende en oningeligte kommentaar, maar elkeen is seker geregtig op sy opinie.

Bolandse Nooi ·

@Edwin – 100% reg, almal is geregtig op hul opinie. Jy is geregtig daarop om die op/af pyltjie te gebruik om verby te rol of glad nie te lees nie.

M ·

Edwin, so graag soos wat ek as inwoner van die Weskaap is, en “self-versorgend/ onafhanklik wees sou verkies, waardeer ek jou oblektiewe opinie met my hele hart.

Ons SAfrikaners is “hardkoppig” en geweldig “eer-soekend” …. so soek geweldig baie Hane na verkleinde mishopies. Hulle beduiwel “Eenheid van Optrede” deur stemme te verdeel. Uit die Geskiedenis ter lande beoordeel ,…..gaan diesulkes maar voort met verdeling en ego-soektogte.

annie ·

Onder Zille het duisende Zimbabweërs hierheen gestroom en selfs geadverteer in Die Burger dat hul goeie en betroubare werkers is. Enigeen wat hierdie vreemde span van hierdie Britse Craig aanhang verdien die gevolge. Hulle laat vreemdes invloei en is dan die helde om hul weer te wil verwilder. Watter chaos wag vir SA!

Republikein in die Wes Kaap ·

Net soos Lesufi, ja. Daar wag groter chaos in Gauteng.

Riana ·

Dis hartseer om.te sien hoe hierdie pragtige land verdeeld word alles te danke aan ‘n spul narre wat nie weet wat hulle doen nie…. Gee vir’ n 3 jarige R10 000 om kruideniersware te gaan koop, en kyk wat d uitkoms is…… Daar sal jy ook d antwoord kry oor narre wat elke dag dink dis Kersfees, dis mos vir eie gewin, nie vir wat noidsaaklik is nie. Dis nie net d Wes Kaap wat hierdeur geraak word nie, dis die hele SA… Ons almal sal graag ook ons grense wil sluit….. Staar werklikheid in die gesig, dit sal nooit gebeur nie, gelukkig is hierdie wereld nie my huis nie……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.