Jou gemeenskap het ’n skrywer soos jy nodig!

 skryfnet-gemeenskapsmedia-facebook-01-aug23.jpgWou jy nog altyd ʼn verskil in jou plaaslike gemeenskap maak?

Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is?

Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap?

Kom leer dan hóé met ons splinternuwe Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.

Ons maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.

Die kursus word aangebied deur Landi Slatter, ʼn vryskutjoernalis en dosent by Akademia. (Foto: verskaf)

Die kursus fokus op die basiese kennis en vaardighede van joernalistieke skryfwerk, soos:

  • Waar kry ek ʼn goeie storie?
  • Hoe gebruik ek bronne?
  • Hoe voer ek ʼn onderhoud?
  • Watter inligting moet in my storie wees?
  • Wat is die struktuur van ʼn goeie nuusstorie?
  • Hoe kan ek ʼn storie met foto’s vertel?
  • Hoe kan ek ʼn storie met klank vertel?
  • Hoe kan ek op ʼn etiese wyse vir gemeenskapsmedia skryf?

Die kursus is deur Maroela Media se joernaliste in samewerking met joernalistiekdosente by Akademia ontwikkel en word aangebied deur Landi Slatter, ʼn vryskutjoernalis en dosent by Akademia wat voorheen vir Maroela Media en Rapport geskryf het.

Dié toeganklike tien weke lange kursus is gemik op beginners én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.

Skryf nou in – en maak ʼn verskil in jou dorp of streek.

 skryfnet-gemeenskapsmedia-facebook-06-002.jpgSkryf vir Gemeenskapsmedia begin op 14 Augustus 2023 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie en eindig op 16 Oktober 2023.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal jy ʼn e-pos ontvang met inligting oor die intekenbesonderhede vir die aanlyn leerplatform.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Skryfnet. Inskrywings sluit op 10 Augustus 2023. Die koste vir hierdie kursus beloop R4 000 per persoon.

Besoek Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.