Globale ekonomiese groei afwaarts aangepas

(Foto: Shutterstock)

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in ʼn nuwe verslag die verwagte globale ekonomiese groeikoers van 3,5% tot 3% vir 2023 afwaarts aangepas en na ʼn skamele 0,3% vir Suid-Afrika in 2023.

“Terwyl die voorspelling vir 2023 hoër is as wat in April vanjaar se globale ekonomiese vooruitsigte (WEO) voorspel is, bly dit swak volgens historiese standaarde,” lui die verslag.

Die wêreldwye herstel van die Covid-19-pandemie tesame met Rusland se inval in Oekraïne belemmer die ekonomiese herstelveerkragtigheid van verskeie ekonomiese sektore en streke.

So ook demp die volgehoue verhoging van rentekoerse deur sentrale banke wêreldwyd in ʼn poging om inflasie die stryd aan te sê, steeds ekonomiese groei.

“Wêreldwye oorkoepelende inflasie sal na verwagting daal van 8,7% in 2022 tot 6,8% in 2023 en 5,2% in 2024”, terwyl geprojekteer word dat kerninflasie meer geleidelik sal daal.

Dalende oorkoepelende inflasie is luidens die verslag toe te skryf aan die opbou van gasvoorraad in Europa, swakker as verwagte vraag in China, dalende energie‑ en voedselpryse.

“Saam met die normalisering van voorsieningskettings, het hierdie ontwikkelings bygedra tot ’n vinnige afname in oorkoepelende in die meeste lande. Kerninflasie […] bly [egter] ver bo die meeste sentrale banke se teikens.”

Voortdurende rentekoersverhogings deur sentrale banke verhoog om die beurt weer die koste van lenings, wat “ekonomiese aktiwiteit beperk en deursyfer na die finansiële stelsel met banke in gevorderde ekonomieë wat minder lenings toestaan te midde van hoër uitleenstandaarde”.

Openbare finansies bly ook nie ongeskaad nie, met “veral armer ekonomieë wat [weens hoë rentekoerse] met verhoogde skuldkoste worstel wat weer ruimte vir prioriteitsbeleggings beperk”.

Groter gevorderde ekonomieë steier ook onder moeilike groeiomstandighede met bruto vaste kapitaalvorming en nywerheidsproduksie wat skerp verlangsaam of ingekrimp het, wat weer internasionale handel en vervaardiging in ontluikende markte dienooreenkomstig verswak.

Boonop neem oortollige besparings wat tydens die pandemie opgebou is, volgens die verslag steeds af in gevorderde ekonomieë, wat die buffer om teen finansiële onbestendighede te beskerm, aanhou verskraal.

(Tabel: IMF)

Lees die volledige verslag hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Charles ·

Is dit die Illuminati? Is dit die Vry-messelaar? Nee dit is nie.
Hoekom nie? Want ons weet van hulle.

Truman Burbank ·

As mense nou nog nie besef die ekonomie word kunsmatig beheer, lw, beheer, sal hul nooit.

annie ·

China en Indië steeds ’emerging’ markets? Is dit om die VSA en die Weste gelukkig te hou? Die minus voor Rusland is seker daar om Biden en die Pentagon te flous? Watter betekenisvolle navorsing…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.