“Om ons kiesers te bemagtig, moet ons hulle leer om waaksaam te wees en feite van fopnuus te onderskei.”
Lees meerAlles vir Maandag 1 April 2024
Laeveldse familie span saam vir blommeprag by funksies
Blomme is die ware liefdestaal. Marilyn Monroe – die Amerikaanse blondine wat eerder diamante wou hê – sou nie hiermee saamstem nie, maar vir ʼn Laeveldse familie is blomrangskikkings vir familietroues geskenke uit die hart. Hulle rangskikkings spreek van liefde en omgee-in-aksie, van kreatiwiteit en ʼn viering soos min, skryf Sarie Marais-Nell.
Man vas ná hy glo onwettige jagter op plaas doodskiet
“Die verdagte was ook op die toneel, in besit van ʼn vuurwapen wat glo in die skietery gebruik is. Drie leë patroondoppies is ook daar gevind.”
Skud jou vere reg om vir slegs R21 teater toe te gaan
“Toe die Suidoosterfees 21 jaar gelede begin is, was bekostigbaarheid en toeganklikheid tot die kunste boaan die stigters se prioriteitslys.”
Só sê Afrikaanse lesers oor vreugde van boekklubs
“Daar is seker nie veel wat ons uniek maak nie, maar ons hou almal baie van lees, stories, lekker lag en kuier.”
‘Stoot plat,’ sê Kaapstad se burgemeester oor Suikerbossie-heuwel
“Sowat ʼn kwartpad op met Suikerbossie het ek die vermoë verloor om te praat. Halfpad boontoe het die wil om te leef my verlaat. Driekwart op was ek in ʼn toestand van geweldige lyding. En toe het ek ʼn openbaring gehad: hoekom moet die heuwel in elk geval hier wees?” het die burgemeester tong in die kies op Gekkedag van hom laat hoor.
Man skiet vrou by kerkdiens dood
Die man het verskeie skote op sy vrou afgevuur terwyl sy saam met die gemeente met aanbidding besig was.
Oormatige sweet lê miljoene lam
Volgens die Hiperhidrosevereniging word dié mediese toestand verkeerdelik toegeskryf aan veranderende hormoonvlakke of ’n fase wat mettertyd sal oorwaai.
ToekomsVenster: Die spiraal na onder
Natuurlik wil die Here nie hê dat ons so moet leef nie. Daar is ʼn ander manier om die lewe en sy uitdagings te benader.
Graeme Pollock in hospitaal ná beroerte
Hy word as een van die beste linkshandige kolwers in die spel se geskiedenis beskou. In ’n toetsloopbaan wat tot net 23 wedstryde weens Suid-Afrika se internasionale sportisolasie beperk is, het hy 2 256 lopies teen ’n gemiddeld van 60,97 aangeteken.
Video: Duisende motoriste stroom deur Kranskop-tolhek
In ʼn video wat die departement gedeel het, kan gesien word hoe motoriste in ellelange toue wag om deur die tolhek te reis.
Pa gee hom oor ná seun se steekdood
Bryton Engelbrecht se pa is op ʼn aanklag van moord in hegtenis geneem.
Rooftog tydens erediens ten sterkste veroordeel
Die MRM sê die aanval is nie net ʼn “skande” nie, maar ʼn “barbaarse daad” wat Goeie Vrydag en die Paasnaweek ontheilig het.
Mening: Te veel jong SA-spelers ‘raak weg’
Suid-Afrika verloor eenvoudig net te veel spelers wat ná skool ophou rugby speel, skryf Wim van der Berg.
‘Hy is soos tweede vel’ sê akteur oor ‘Summertide’-patriarg
Alhoewel Andre Jacobs aanvanklik huiwerig daaroor was om ja te sê vir ʼn lang projek, is “Summertide” vandag vir hom soos ʼn briesie vars lug waaroor hy nimmer as te nooit spyt is nie.
Familiebesoek uit Texas (en die ollies braai saam)
Met haar broer en sy gesin se besoek uit die VSA wou verslaggewer Mariska Nanni graag vir hulle ʼn lekker Bosveld-ervaring moontlik maak en wys dat Pretoria ook vet pret kan wees.
Koning Charles in ligte luim by Paasdiens
Die bywoning van die jaarlikse diens is ʼn ou tradisie vir die koninklikes. Ander lede van die koningshuis het ook die diens bygewoon. Prins William, die Britse troonopvolger, en sy vrou, Catherine, was egter sigbaar afwesig.
Miller beklink wedstryd met ses
David Miller het weer sy wa-deur-die-drif-trek-vaardighede uitgestal in die Gujarat Titans se oorwinning teen die Sunrisers Hyderabad in Ahmedabad.
Duitsers kan nou ook wettig kannabis gebruik
Diegene ouer as 18 word nou toegelaat om 25 gram gedroogde kannabis by hulle te hê en mag ingevolge die veelbesproke nuwe wetgewing ook tot drie marijuanaplante tuis verbou.
Manie bly wedstrydwenner
Manie Libbok beskik oor die vermoë om wedstryde vir sy span te wen. Ongeag of hy in die groen en goud van die Springbokke of die blou en wit van die Stormers te siene is.