Parlementslede moet hul ledebelange teen ʼn bepaalde spertyd indien – en daar is ʼn rits redes waarom sommige van hulle eenvoudig net nie hierdie spertyd kon haal nie.
Alles vir Maandag 1 April 2024
Sinner weer aan trofeewenkant
Met sy Miami-opesukses het Jannik Sinner vir die derde keer in 2024 die toernooisilwerware omhoog gehou.
Tolhekke oopgegooi oor swaar verkeer op N1
Die owerhede het ongeduldige motoriste ook gemaan om nie in die noodbaan of in die bane vir aankomende verkeer te ry nie.
Bokspan teen Wallis dalk effense kopseer vir Rassie-hulle
Soos ons Rassie Erasmus leer ken het, het hy reeds met die beplanningsessie in Kaapstad die eerste sooie gespit.
SAL/Takatso: Gordhan het weinig respek vir parlementêre oorsig – DA
Die DA waarsku dat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, nie belastingbetalersgeld moet gebruik om enige regstappe teen die parlement van stapel te stuur nie.
Sepiegids: Liefdesvlam flikker vir Gaby, Rian in ‘Binnelanders’; lui trouklokke in ‘Suidooster’?
Mari se geheime plan teen Sanet bou momentum in “Diepe waters” en Sasha wil baie graag die nuwe onderwyser se aandag trek in “Arendsvlei”.
Gesamentlike forensiese ondersoek ná busramp
Gegewe die ingewikkeldheid daarvan, gaan dit na verwagting geruime tyd neem om die uitkenningsproses van die slagoffers van verlede week se busramp in Limpopo, af te handel.
Johan Els verdien plek op VTM-verhoog
Sonder argitek Johan Els se werk sou die Voortrekkermonument beslis nie ’n tuiste kon skep vir soveel vertonings wat op die terrein opgevoer word nie.
Resep: Sjokoladebruintjies
Geniet die laaste bietjie langnaweek met hierdie sjokoladebederfie.
Nog 15 vas oor Fort Hare-moordsaak
Luidens berigte is verskeie senior personeellede van die universiteit onder diegene wat aangekeer is.
Korda kry dit reg, Scheffler haak vas
Scottie Scheffler kon dit nie regkry nie en toe wys Nelly Korda hom hoe dit gedoen moet word.
Nuwe tegnologie help spina bifida-lyertjie loop
Klein Elian het vroeg verlede jaar begin met spinale stimulasieterapie. Sedertdien kan sy ouers duidelik sien hoe dit sy lyfie bevoordeel.
Gedagte vir die dag: In die storm
Dit is wat die helde van die Here doen; hulle stap selfs dieper in die storm in.