Gesamentlike forensiese ondersoek ná busramp

(Foto: Traffic Policing Affairs Limpopo/Facebook)

Die gesamentlike forensiese ondersoek tussen Suid-Afrika en buurland Botswana ná verlede week se gru-busongeluk vorder goed.

Die noodlottige busramp het Donderdag die lewe van 46 mense geëis. Al die slagoffers was van die dorpie Molepolole naby Gaborone in Botswana. Hulle was op pad na ʼn Paasnaweek-geloofsaamtrek in Limpopo toe die ongeluk op die R518 naby Mokopane gebeur het. Slegs ʼn agtjarige dogtertjie het die ongeluk oorleef.

Die polisie het vroeër gesê talle van die slagoffers kon nie behoorlik uitgeken word nie.

Luidens ʼn verklaring van die Botswana-regering is daar nou reeds bloedmonsters van al die familielede van die slagoffers van die busramp ingesamel om met die uitkenningsproses te help.

“Die DNS-monsters vorm deel van ʼn forensiese ondersoek deur die Botswana-polisie en die Suid-Afrikaanse polisie om die slagoffers van die ramp te help identifiseer,” lui die verklaring.

“Gegewe die ingewikkeldheid daarvan, gaan die uitkenningsproses na verwagting geruime tyd neem om af te handel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.