Soorte resepte:

Resep: Sjokoladebruintjies

Foto bloot ter illustrasie (Foto: Anenra Coborilova/Unsplash)

Geniet die laaste bietjie langnaweek met hierdie sjokoladebederfie.

Bestanddele

  • ¾ koppie meel
  • 1 koppie suiker
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ koppie kakao
  • ½ koppie botter, saggemaak
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanielje-ekstrak of geursel
  • ½ koppie gekapte neute van jou keuse of gebruik geroosterde gemengde neute
  • 200 g gekapte baksjokolade

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Smeer ‘n vierkantige pan van 8 cm x 8 cm.
  3. Sif meelblom met suiker, sout en kakao in ʼn mengbak en hou eenkant.
  4. Voeg botter, eiers en vanielje by.
  5. Gebruik ʼn lepel en klits met die hand of 2 minute op medium spoed met ʼn menger met ʼn roerspaan.
  6. Roer die neute en gekapte sjokolade by tot egalig deurgemeng.
  7. Gooi in pan en versprei eweredig.
  8. Bak 20 tot 22 minute.
  9. Koel af en sny dan in blokkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.