Sepiegids: Liefdesvlam flikker vir Gaby, Rian in ‘Binnelanders’; lui trouklokke in ‘Suidooster’?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Karen (Luandri Reynders) praat met Gaby oor Rian in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 1 April

Die klein bietjie hoop wat Louis gehad het, word weer nek omgedraai. Elise doen haar bes om reg te maak wat sy verbrou het. Delia oorweeg ʼn baie groot stap.

Dinsdag 2 April

Louis neem ʼn drastiese besluit. Gaby en Rian voel, ten spyte van hulself, weer die ou gevoelens opvlam.

Woensdag 3 April

Liam is bekommerd oor die druk op Delia. Uys wonder oor Gaby en Rian. Naomi begin amptelik by haar nuwe werk.

Donderdag 4 April

Gaby dring aan dat sy nie besig is om weer vir Rian te val nie. Naomi is dringend op soek na ʼn skenker vir Hennie, maar die persoonlike aard van die saak eis sy tol op haar.

Vrydag 5 April

Gaby verras Elise met ʼn aanbod. Nicolette is bekommerd oor Naomi, maar Louis besluit om nie in te meng nie. Delia vind iets uit wat haar skok.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 1 April

Ty se gesin is in ʼn toestand, terwyl Ruiterbosch gons oor die bekgeveg in Oos Wes. Rhafiek en Sammy bespreek hartsake.

Dinsdag 2 April

Tim het ʼn manier vir Bridgette om Zoë terug werk toe te lok, en Kaashifa oorweeg ʼn belowende opsie. Nazeem vertel vir Lee-Ann wat Ty se planne is. Hoor ons trouklokke lui in Ruiterbosch?

Woensdag 3 April

Lee-Ann en Wade kry ʼn nuwe leidraad, terwyl Kaashifa gespanne is oor haar nuwe uitdaging. Mymoena speel oop kaarte met Sammy.

Donderdag 4 April

Die Daniels-gesin is voor ʼn kruispad, terwyl Mymoena nuus met haar kinders deel. Bridgette probeer uitreik na Zoë, maar is dit te laat?

Vrydag 5 April

Bridgette maak ʼn groot aankondiging wat gemengde gevoelens by Tim en Zoë ontlok. Siya se kop en hart is in ʼn  tweestryd gewikkel, terwyl Lee-Ann se wêreld weer eens op sy kop gedraai word.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 1 April

Mari se geheime plan teen Sanet bou momentum. Die spanning tussen Charity en Felicity kook oor. Thandi kry goeie nuus.

Dinsdag 2 April

Anja help Thandi deur haar moeilike verlede. Sal Daan se begrafnisdiens vir Charity en Arno nader aanmekaar bring?

Woensdag 3 April

Thandi se geheim kry vlerke. Charity het genoeg gehad van Felicity. Mari se plan is in werking.

Donderdag 4 April

Sanet moet haar onskuld bewys en beland net nog dieper in die moeilikheid. Thandi is ongelukkig oor Anja haar vertroue geskend het.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 1 April

Beatrice bied aan om vir Adam privaat lesse te gee. Lennie probeer vir Eva oorreed om vir eers haar planne te laat vaar. Bompie wil dinge verder vat met Rachel, maar sy skop daarteen.

Dinsdag 2 April

Eva ontmoet iemand wat haar kan help met haar saak. Sasha wil baie graag die nuwe onderwyser se aandag trek. Desmond sukkel om ʼn band te vorm met die baba.

Woensdag 3 April

Eva is opgewonde wanneer Daniel haar vertel hy het kontak met nóg ʼn gevangene gemaak. Bompie maak ʼn verklaring wat Rachel verras.

Donderdag 4 April

Desmond en Rachel lê ’n besoek af aan die dominee. Eva beplan om haar stryd aanlyn te neem. Lee-Roy en Sasha is verbaas oor Devon se dade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.