Gedagte vir die dag: Gebed is nie altyd maklik nie

Argieffoto (Foto: Umit Bulut/Unsplash)

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand.” En: “Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.” (Lukas 10:27)

Skrifgedeelte
Lukas 10:27 (NLV)

Oordenking
Dit is die wetskenner se antwoord op Jesus se vraag oor wat die grootste gebod is. ʼn Mens moet God dus liefhê sonder voorbehoud. So ʼn persoon moet bid soos God van sy kinders verwag.

Dit verg ʼn hele hart om effektief te bid, net soos dit ʼn hele hart verg wat God se gebooie vreugdevol en volkome onderhou. En omdat dit ʼn mens in sy geheel verg om te bid, is dit nie altyd  ʼn maklike taak nie. Gebed is baie meer as om vinnig op jou knieë te gaan en  ʼn paar woorde te sê. Gebed is goddelik.

Gebed

Here, ek besef vandag weer gebed is nie maklik nie. U vra alles van my wanneer ek in gebed tot U nader. Help my asseblief bid. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here in Rom 8 sê U at ons nie altyd weet hoe en wat om te bid maar dat die Heilige Gees ons bystaan……Amen en Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.