Pa gee hom oor ná seun se steekdood

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 50-jarige pa het hom aan die Kamesh-polisie oorgegee nadat sy tienerseun weens ʼn steekwond aan die rug gesterf het.

Die polisie is na die provinsiale hospitaal op Gqeberha in verband met die 18-jarige seun se dood ontbied, sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, provinsiale polisiewoordvoerder. Die seun is Sondag omstreeks 07:00 na die hospitaal gebring nadat hy in die rug gesteek is.

Bryton Engelbrecht se pa het hom kort daarna aan die polisie oorgegee en is op ʼn aanklag van moord in hegtenis geneem, sê Janse van Rensburg.

Die omstandighede wat tot die seun se dood gelei het, vorm deel van die ondersoek.

Die pa sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.