Video: Duisende motoriste stroom deur Kranskop-tolhek

Motoriste op pad na die Kranskop-tolhek in Limpopo. (Skermgreep)

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo het ʼn video gedeel van die duisende motoriste wat Maandag teen 13:00 tougestaan het om deur die Kranskop-tolhek te reis.

Daar was in daardie stadium reeds ellelange toue met die verkeer wat kilometers ver opgedam het. Sommige van die bane is ook deur die loop van die dag tydelik oopgestel om die opeenhopings te probeer verlig.

In die Vhembe-distrik is die D4-Elim-pad Maandag boonop tydelik gesluit ná ʼn ongeluk tussen Makhado en Tshakhuma en motoriste is op alternatiewe roetes herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amelia ·

Koen aan selfde gedink solank daar betaal word gee hul nie om of jy 2 ure staan nie Jy betaal meer vir die petrol as tolhek self

SjN ·

Hoekom gooi hul nie die tolhekke oop vir sekere tye om die verkeer te laat vloei nie, geldgierigheid is verseker die oorsaak.

Eugene ·

En op die video kan mens duidelik sien hoe taxi’s die hele ry verkeer verbysteek teen aankomende verkeer. Daar lê die oorsaak van die ongelukke

Patch ·

Eugene, dit gaan elke jaar so en geen wetstoepassers in sig nie. Dit is nie net taxi’s nie maar sekere motoriste doen dieselfde en wil dan voorentoe indruk. Terwyl die nasie elke paasnaweek Limpopo toe stroom sal dit so bly, noordelik aan die begin van die naweek en suidelik aan die einde. Die padreëls geld mos net vir ‘n sekere groep van ons land se motoriste.

Martie ·

Dit gaan oral so waar daar tolhekke is. Jy kon al lankal by jou bestemming gewees het dan staan jy nog daar. En daardie vertraging maak dat jy dan vinniger ry as wat nodig was en ongelukke kan dan gebeur. Die bane is nooit almal oop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.