Die Boland Kavaliers het weliswaar die naweek 27-6 teen die Border Bulldogs gewen, maar dit was nie genoeg om vir die uitspeelrondes in die Curriebeker se Eersteliga te kwalifiseer nie.
Alles deur die skrywer Wim van der Berg
Wallabies kies nuwe vleuels, haker
Die Wallabies se afrigter Ewen McKenzie het drie veranderinge aangebring aan die span wat Argentinië geklop het vir Saterdag se toets op Nuweland teen Suid-Afrika.
Griffons, Luiperds is veilig, Boland het nog ‘n buitekans
Daar is nog een ronde wedstryde in die Eersteliga van die Curriebekerreeks oor, maar die Griffons en die Luiperds kan reeds hul tuisvelde vir die halfeindrondes in gereedheid kry.
JP Pietersen opgeroep in Pienaar se plek
Die ervare Springbok-driekwart JP Pietersen is opgeroep om die beseerde Bok-skrumskakel Ruan Pienaar in die Springbokgroep te vervang.
Dit lyk na neusie verby vir Bokke
Die neerlaag Saterdag teen Nieu-Seeland maak dit vir die Springbokke baie moeilik om 2014 se Rugbykampioenskap te wen.
Cruden fiks om teen Bokke te speel
Die All Blacks het die losskakel Aaron Cruden gekies om Saterdag in Wellington in die beginspan teen die Springbokke op te draf.
Aaron fiks vir toets teen Bokke
Aaron Cruden, die All Blacks se beste losskakel in die afwesigheid van die beseerde Dan Carter, meen hy sal in Saterdag se toets teen die Springbokke kan speel.
Alberts nog nie reg; Whiteley weer in Bokgroep
Die Springbokflank Willem Alberts kon Donderdag nie sy fiksheidstoets slaag nie en word in die Springbokgroep na Australasië deur die Goue Leeus se kaptein en agsteman, Warren Whiteley, vervang.
Matfield en Alberts keer terug in Bokke se groep
Victor Matfield en Willem Alberts is terug in die Springbokgroep ná hulle beserings die afgelope weke, en Marcel van der Merwe is as stut opgeroep in die plek van die beseerde Frans Malherbe, wie se seisoen verby is.
Willem Alberts beseer; Whiteley in Bokgroep
Die Goue Leeus het Saterdag hulle kaptein en agsteman Warren Whiteley verloor, hoewel hy nog teen die OP Kings uitgedraf het. Maar hulle sal saam met die effense teleurstelling baie bly wees dat die sewes-Springbok nou ook in die plek van die beseerde flank Willem Alberts opgeroep is na die Springbokgroep.
All Blacks mik na wêreldrekord
Niemand kan stry dat die All Blacks, geoordeel op hul vertonings die afgelope twee of drie jaar, die wêreld se nommereenspan is nie. Hulle is ook die Wêreldkampioene en behoort teen Saterdag ook die rekord vir die meeste agtereenvolgende toetsoorwinnings agter hulle naam te kan skryf.
Uitgeruste Carter gaan toetse misloop
Dis nie net baie rugby wat beserings bring nie. Dan Carter, na feitlik `n seisoen se aflê om hom te spaar vir aanstaande jaar se Wêreldbeker, is beslis uit die eerste drie wedstryde van die Rugbykampioenskap wat oor tien dae begin.
Poemas kom met nuwerige span na SA
Miskien gaan die gesigte nie vir ons nuut wees nie, maar dit is `n relatiewe nuwe span wat Woensdag uit Argentinië vertrek vir die eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap wat op 16 Augustus op Loftus teen die Springbokke gespeel word.
Sanzar se blasers kry min kans in Rugbykampioenskap
Van Suid-Afrika se ses wedstryde in die Rugbykampioenskap sal ‘n Sanzar-blaser net in een in aksie wees. In die ander vyf sal hulle volgens die deuntjie van Europese blasers moet speel.