Die vakbonde Saftu, Cosatu en ander organisasies het Woensdag hul memorandums van griewe en eise aan die minister in die presidensie oorhandig.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 Augustus 2022
Verhoor teen oudregter begin
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het al sy kommer uitgespreek dat die Nasionale Vervolgingsgesag se aanvanklike versuim om teen die beskuldigde op te tree weens sy status in politieke kringe is.
Nog ʼn slag vir OB
Adv. Busisiwe Mkhwebane se tweede poging om die hof se uitspraak oor haar vervolging nietig te verklaar, is Woensdag as “ʼn misbruik van die hofproses” beskryf.
Luister: Neil Somers gesels oor opwindende country-musiekfees
Somers sal op 4 September vanjaar die verhoog met talle kunstenaars deel tydens die SkaapStad Country Fest-geleentheid.
Chevonne Rusch se ma hoor later oor borgtog
Rochelle Botha is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met haar kleuter se moord en het reeds Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.
Man verkrag weer ses maande ná parool
Nadat twee vroue ʼn veroordeelde verkragter se seksuele voorstelle van die hand gewys het, het hy een van hulle gedreig, in die bosse gesleep en verkrag.
Inflasie nou nóg hoër, maar verligting kom
Terwyl die nuwe inflasiesyfer slegte nuus vir verbruikers is, voorspel ekonome dat die land waarskynlik ’n kantelpunt bereik het, en dat inflasie in die komende maande kan afneem.
ToekomsVenster: Hy is my krag en beskerming
Mag jy die genade vind om met oortuiging en moed jou eie trauma te verwerk.
Taverne-eienaar in hof
Die staat voer aan dat die beskuldigde met twee werknemers saamgesweer het om onregmatig drank aan minderjarige persone te verkoop.
Agt jaar later sloer On Point Engineering-saak steeds
Ondanks ondernemings deur die NVG is nie Julius Malema of enige van sy medebeskuldigdes agt jaar later teruggeroep om in die hof te antwoord op die bewerings van bedrog en geldwassery nie.
Baba 176 dae in waakeenheid
“Ons is nie negatief oor die berg wat ons saam met die Here moet klim nie.”
Bobaas sleeptuie!
Maroela Media het onlangs met die Toyota Fortuner 2.8 GD-6 VX 4×4‑outo en die Nissan Navara Pro4X gesleep.
Jantjies: ‘Ek het hard gewerk’
Volgens die losskakel wil die Springbokke se plaasvervangersbank ’n definitiewe verskil maak wanneer hulle op die veld verskyn.
Chris Chameleon: Die waarde van spaar
Ek was ʼn kranige spaarder. My stiefoupa het elke jaar vir my op my verjaardag vanuit die Kaap eers ʼn blou R2-noot per pos gestuur, wat later ʼn pers R5-noot geword het en as ek reg onthou, het hy voor sy dood nog ʼn keer of wat ʼn groen tien gestuur.
Hoogste hof moet nou sê oor waterregte
Die saak is van groot belang vir Suid-Afrika se landbousektor, veral omdat watergebruiksregte ʼn belangrike bate vir boere is.
Ekonome: Ja, daar’s nog heelwat hoop
Nie net benodig Suid-Afrika se ekonomie groter groei nie, dit moet die regte soort groei wees om die ekonomie te transformeer en mense uit armoede te lig.
Moordverdagte vas toe hy in selfde buurt roof
Die man wat verdink word van die onlangse moord op Lindie Oberholzer, is agter tralies nadat hy minder as ’n week later op nóg ’n huis in dieselfde woonbuurt toegeslaan het.
LUR gekap oor ‘xenofobiese uitlatings’ in hospitaal
ʼn Video doen die ronde wat wys hoe die LUR vir gesondheid in Limpopo ʼn Zimbabwiese pasiënt voor omstanders beledig en verneder.
Toeskouer beplan regstappe teen ‘roekelose’ Nick
“Dit lyk of sy omtrent 700 drankies in het,” het Nick Kyrgios hoorbaar in sy wedstryd teen Novak Djokovic op Wimbledon gekla.
‘Vat stakers vas,’ pleit inwoners
“Wetsgehoorsame burgers van Middelburg ly onder die chaos. Dit kan nie langer so aangaan nie.”