ToekomsVenster: Hy is my krag en beskerming

drukkie-paartjie

(Foto: Skitterphoto/Pexels)

“Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!” − Psalms 118:14

Trauma gebeur in die lewe van meeste mense. Trauma diskrimineer nie en is nie kieskeurig nie. Dit gebeur sonder om jou status, vermoë of talente in ag te neem.

Toegegee, sommige mense is in staat om trauma vinniger te verwerk as ander. Ander sukkel om oor ʼn slegte ervaring te kom ten spyte van emosionele volwassenheid, maar daar is beslis nie net een resep wat vir almal kan geld nie.

Die vermoë om deur trauma te werk en afsluiting te bereik het ook niks met goed of sleg, slim of minder slim, of enigiets anders te doen nie.

Soos trauma uniek is, is die vermoë van mense om daardeur te werk uniek. Hoofsaak is dat ʼn mens iewers by die plek kom waar jy weer ʼn besluit vir die lewe maak.

Die Woord van die Here kan en wil ʼn mens help om deur die hartseer en pyn te werk. Lees spesifiek gedeeltes waar die beloftes van God uitstaan.

Ek herinner jou graag aan ʼn paar van daardie beloftes:

  • Roep my aan in die dag van benoudheid.
  • Vir hulle wat God liefhet werk alles ten goede.
  • Ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat ons eerste liefgehad het.
  • Niks kan jou skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus is nie.
  • Ek sal jou nimmer begewe of verlaat nie.

Paulus skryf aan die gemeente in Filippi, terwyl hy homself in die gevangenis bevind. Hy vind die genade om hom nie alleen te verbly in sy omstandighede nie, maar ook die gemeentes van Jesus aan te moedig om vas te staan in geloof.

ʼn Mens wil vra hoe dit moontlik is? Wanneer ʼn mens lees van die ontberinge wat Paulus gedurende sy bediening beleef het, word ʼn mens sommer kortasem. Jy wil vra hoe een man soveel trauma kon beleef en steeds volhard in geloof, en tog is sy lewe en getuienis een van geloofsvertroue?

Daar is soveel merkwaardige getuienisse van mense wat te midde van baie swaarkry weer sin in die lewe vind.

Mag jy die genade vind om met oortuiging en moed jou eie trauma te verwerk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here ek is so dankbaar vir U teenwoordigheid in my lewe ongeag van omstandighede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.