Moordverdagte vas toe hy in selfde buurt roof

Lindie Oberholzer (52), se liggaam is verlede Woensdag in die Bendor-woonbuurt in Polokwane aangetref. (Foto: Verskaf)

’n 18-jarige man wat verdink word van die onlangse moord op Lindie Oberholzer van Polokwane, is agter tralies nadat hy minder as ’n week later op nóg ’n huis in dieselfde woonbuurt as die van Oberholzer toegeslaan het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die jong man is Dinsdag in hegtenis geneem kort nadat hy ’n 54-jarige man in sy huis in die Bendor-woonbuurt oorval en aangerand het.

Die verdagte het na bewering deur ’n oop deur toegang tot die huis in Bendor verkry en die eienaar van die huis verskeie kere met ’n blompot geslaan voordat hy met twee skootrekenaars, ʼn selfoon, ʼn tablet en boeke op die vlug geslaan het.

Die man het die bure se hulp ontbied en die polisie is gekontak. Die verdagte is kort daarna deur plaaslike speurders in hegtenis geneem en byna onmiddellik met die onlangse moord op Oberholzer verbind.

Oberholzer (52) se liggaam is verlede week Woensdag in die Bendor-woonbuurt in Polokwane aangetref. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Oberholzer met ʼn skerp voorwerp geslaan is, het Maroela Media vroeër berig.

Die jong man sal nou na verwagting Donderdag in die landdroshof in Polokwane verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

Die polisie ondersoek intussen die moontlikheid dat die verdagte ook met ander sake verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

domheks ·

Gewoonte misdadiger! Sluit die gemors toe en gooi sleutel weg.

Anel ·

‘n Jong man? Moet dit nou tot versagting dien,?? Asseblief!!! Moordenaar!!! Sluit permanent toe en gooi die sluitel weg!!!!

Kobus ·

Hier is weer ‘n seer duim wat op al die kommentaar afwaarts wys. Lug u opinie asb. Blykbaar ondersteun u die aanvalle

Frank ·

Hy sal NOOIT nie. Van dieselfde lafhartige tipe wat weerlose mense aanval

AH ·

Ek sou ook graag wou verstaan wat die “sad face” persone se opinie is, maar soos jy sê, hulle is té lafhartig om dit hier te lug….

Watsenaam ·

Kyk Kobus, as die moontlike verdagte dalk ligter van velkleur was , was hy by nou al in die tronk en was dieminister van polisie heel waarskynlik daar, en die berig moontlik in elke denkbare groot koerant ge-publiseer, en moontlik as n rasistiese aanval gebrandmerk .

Sheree ·

So jonk en klaar ‘n blerrie krimineel… Nee wat, geen hoop nie.

Jack ·

Die jongman is seker reeds uit op borg en gereed vir sy volgende moord. Ek reken ook dat hy n onwettige man is.

Papsak ·

Bring die doodstraf terug hy moet swaai aan sy nek vir sy dade hou op hardkoppig wees en doen iets gemors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.