LUR gekap oor ‘xenofobiese uitlatings’ in hospitaal

Phophi Ramathuba (Foto: Twitter)

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, se kop word geëis nadat sy ’n Zimbabwiese pasiënt voor ʼn operasie in die Bela Bela-hospitaal verneder het.

’n Video van die konfrontasie het debat op sosiale media ontketen.

Die video wys hoe Ramathuba, in ’n kamer vol omstanders, ’n vroulike pasiënt wat in ’n hospitaalbed lê, berispe en beledig. Sy beklemtoon hoe migrante van Zimbabwe “enorme druk” op die gesondheidsorgstelsel in Limpopo plaas.

Ramathuba beskuldig die pasiënt, wat Shona-sprekend is, daarvan dat sy ’n onwettige immigrant is en gaan dan voort om buitelandse burgers te blameer omdat hulle “haar gesondheidstelsel dooddruk”.

In die video sê die LUR dat die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa “haar nie geld gee om op Zimbabwiërs te opereer nie” en dat sy die operasie op ’n beperkte begroting moet doen.

“As julle siek is, sê julle: ‘Kom ons steek die Limpoporivier oor, daar is ’n LUR daar wat ’n liefdadigheidsafdeling bestuur,” het Ramathuba aan die pasiënt gesê.

Die LUR is op sosiale media as xenofobies afgemaak en die DA het versoek dat sy afgedank moet word.

Die DA in Limpopo het selfs aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) geskryf oor Ramathuba se onaanvaarbare optrede.

“Ons beskou Ramathuba se opmerkings teenstrydig met die standaard van behandeling wat aan ’n pasiënt gebied moet word. Hierdie tipe optrede is nie in die beste belang of welstand van die pasiënt nie,” het Risham Maharaj, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Limpopo, gesê.

“As ’n LUR moes sy die situasie met die nodige sensitiwiteit hanteer het ondanks haar eie frustrasies. Sy moes ook verseker dat die buitelander dieselfde vlak van respek en behandeling as enige ander pasiënt gebied word.”

Maharaj sê daar is wetgewende kanale wat die LUR kan volg om die uitdagings van hulpbronne te hanteer, wat nie die verleentheid van ’n pasiënt wat mediese hulp soek, insluit nie.

“Dit is oneerlik van die LUR om buitelandse burgers as ’n sondebok te gebruik en hulle te blameer vir die provinsie se swak gesondheidstelsel. Haar onverantwoordelike uitlatings kan selfs xenofobiese aanvalle deur plaaslike inwoners aanwakker, wat glo buitelandse burgers is verantwoordelik vir die swak gesondheidsorgdienste in Limpopo.”

Die DA beoog ook om ’n klag by die wetgewer se etiekkomitee in Limpopo en die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) in te dien.

Die party gaan ook parlementêre vrae stel oor die koste daaraan verbonde om mense sonder ʼn mediese fonds te behandel, ten einde die omvang van die kwessie te bepaal en sal dit dan deur die toepaslike wetgewerkanale hanteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

B-Man ·

Sy moet eerder by Patricia gaan kla wat nie die grens in stand kan hou nie.

Jason ·

Hoop nie een van jou geliefdes kry sulke behandeling in n ander land nie …

JohnnyS ·

Jason – Hulle sal eerstens nie die land onwqettig binnegaan, en tweedens as hulle dit regkry sal hulle baie vinnig ge-porteer word. Dit is net in RSA waar dinge so lekker gaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

En Jason, indien hier probleme opvlam vlug ek en jy onwettig oor die grens. Wat dan?

Nici ·

Die LUR is ongeskik maar die groter probleem is dat sy die waarheid praat. RSA het enorme werkloosheid, beperkte geld en ooraanbod van ongeskoolde werkers en die regering los niks op nie.

Henri ·

Aan die een kant stem ek saam met haar. Hier is te veel onwettige immigrante wat op ons, as belastingbetalers, se rûe ry. Die DA is in my opinie opportunisties hier.

Sarel ·

Wie laat die verbode immigrante toe en wie us veronderstel.om die Grense te bewaakv en te beskerm.

Johann ·

So sys reg en feitelik, maar moes dit nie hardop gesê het nie?

Sarel ·

Wie is verantwoirdelik vir die swak Grensbeheer. Nie die ” siek” Pasient nie. Wie is verantwoordelikheid vir swak
Gesondheids stelsel..nie die siek Pasient nie.
Hoekom vat sy nie haar mede Politieke amptenare azn eerder as ‘n Pasient wat nie kan terug bakkei nie.
Gaan dink bietjie weer

Harley Davidson ·

Hoekom kan n ding nie gesê word soos dit is nie?

Di ·

Nou woord sy gestenig oor sy die waarheid kwytraak! Dis presies hoekom dit so gaan in SA, meer word gedoen vir immigrante ASOOK onwettiges in die land. Daar is niks oor in Zimbabwe nou kom plak hulle hier vir hulp. Weet van ‘n paar wat hiernatoe gekom het van Zimbabwe af net om hier te kom kraam

Tanya ·

Is she even a real Doctor? Because I would be ashamed of myself for uttering those words towards a patient…. That is disgusting! Doctors operate daily on SA patients that don’t pay TAX, so why is that even an exception?

JohnnyS ·

Then start a campaign to get funds and support these illegal immigrants from that.

Lourens ·

No JohnnyS. Illegal immigrants shopuld not have any rights or support.

Harley Davidson ·

Sy is n eerlike mens en nie agteraf nie ek het respek vir sulke mense.

Astrain ·

Since you are so “woke”….why don’t you go and live in Zimbabwe then???

Onnie ·

Nie noodwendig nie, maar wat sy sê kan xenofobiese aanvalle aanwakker, en die vroue pasiënt is siek en het pyn en wil nie nou na haar tirades luister nie. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Die patient is ook beslis nie alleen verantwoordelik vir die LUR se verknorsing nie. Swak smaak.

Se maar net ·

Stem saam met haar, daar word beter gekyk na onwettige immigrante en ander buitelanders as na ons eie mense in die land en hulle sit wel meer druk op medies en ons eie mense wat werkloos is.

Hennie ·

Is die eintlike probleem nie ook die grens wat nie beman word en die immigrasie beamptes wat korrup is wat die mense oorlaat nie.

Die staat se gesondheid diens is in elk geval pateties, swak om uitlanders te wil blameer.

Kobus ·

Sy is reg. Gaan kyk maar hoe stroom hulle na Musina. Veral swanger vroue, kind word in SA gebore en dan sommer gerigistreer ook as SA burger. Al is die gesonheidsorg swak in Limpopo, sy praat die waarheid

Waarnemer ·

Dr Phophi,Ek stem volmondig saam met jou.Waarom hier in SA kom rondle in hospitale,Is daar in Zim dan nie hospitale nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Want jou Mbeki het boggerol gedoen om Mugabe te help verwyder.

Estelle ·

Sy is heeltemal reg maar het die verkeerde “audience” gekies.

Antie Sarie ·

Sy is reg. Maar nie xenofobies nie. Blykbaar verstaan mense deesdae nie wat n fobie is. Dit is n vrees. En sy lyk deffinitief nie bang nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Meer arrogant. Maar die wiel gaan draai.

Aai ·

‘n Mens hoef nie geleerd te wees om te weet sy praat die waarheid en ons hardwerkende mense betaal vir dit.

De Villiers ·

Dit gaan in Suid Afrika soos dit gaan oor die ANC korrupsie en onbevoegdheid.

Hierdie pasient het NIKS met die stand van sake te doen nie.

Maklik om ander te blameer vir jou eie onbevoegdheid.

Keelvol ·

Sy’s nie verkeerd nie. Gaan oor n naweek na die staatshospitale een kyk hoeveel immigrante daag daarop.

Martin ·

Hoe nou da nou dat sy di waarheid praat wil jul haar uithaal asb

Oshol ·

Ek stem saam hulle teer op die kand alhoewel hulle nie hier moet wees nie .

Maritza ·

Ek stem saam met haar maar sy het nie die reg om enige mens so te verneder nie

Wielspore ·

Haar opmerking is korrek, die platform waar sy dit bekend gemaak het is nie reg. Ons self het ‘n klompie jare terug ‘n tuinier gehad van Moz. Hy het in Nelspruit operasies ondergaan en selfs van sy familie lede vanuit Moz gebring vir mediese behandeling in SA. Dit was te danke aan korrupte binnelandse sake werkers. Mens hoor ook die siening van sommige afrikane, as jy van afrika is, is jy nie onwettig in enige land in afrika. Dit beteken dat ‘n Moz enige plek in Afrika kan wees en nooit as onwettige imigrant gesien word.

Moedeloos ·

Maar ons is onwettige imigrante in hul lande. As jy onkant daar betrap word sit jy in die tjoekie en klaar. In SA kry jy die lekkerste deel van die koek as onwettige imigrant van ander Afika lande

Wat op dees Aarde ·

Ek stem volkome saam met haar. Ongelukkig het sy die verkeerde gehoor toegespreek, maar met die wye mediadekking van hier tot in Zimbabwe sal die boodskap oorgedra word. Die Zimbabwiës het die mag om van die Zanu-PF ontslae te raak deur middel van ‘n coup, maar hulle vlug eerder as om vir hulle land te veg. En almal van julle wat :( reageer op die kommentaar kan ook gaan doppies blaas. Ek steun 100% Dr. Ramathuba.

Anel ·

En dan moet van ons mense jare wag vir operasies en die buitelanders word soos konings behandel. Wys net, ons mense weet wat verkeerd is, maar nou mag hulle dit nie hardop sê nie. Dis nie ons land se skuld dat zim in die gemors is nie en nou is dit sp maklik om die slagoffer in ons land te kom speel en ons mag dit nie sê nie. Ons is die enigste land wat gratis medies gee vir ander land se burgers. Orals moet daar betaal word. En wie dra die kostes? Vra ook maar net!

Republikein in die Wes Kaap ·

Regtig! Onthou jy Mbeki se “stille diplomasie”

Cathy ·

Al stem ek saam met haar dat immigrante eerder behandeling op eie grond moet soek, wys dit maar net op die groeiende tekortkominge in die toepassing van landswette en prosedures. Swak administrasie en korrupsie het ‘n verlammende uitwerking op grondvlak – daar waar die wat hulle sakke laai dit nie kan voel nie. Ek wens iemand wil ‘n stelsel uitdink waar elkeen wat veroorsaak dat iemand anders ly of tekortkom, dieselfde gevolge moet dra. As dit ooit moet gebeur sal ons minder of selfs geen skending van menseregte sien nie. Mens kan droom, dan nie?

quin ·

AG tog liewe DA..jislaaiket, dink bietjie voor julle op die wa spring..ek het nogal baie respek vir die waarheid..en nie die oortjies soen nie…en polities korrek te wees nie. say it as it is..in love of course

piet ·

Die kwessie is nie of sy reg of verkeerd is nie, dit gaan hier oor etiek. Skandelike gedrag om met enige pasient voor ‘n operasie so te praat. Eintlik vieslik.

Onnie ·

Jy kan dink wat jy wil, maar jy kan nie sê wat jy wil nie. Ek dink as LUR kon sy meer taktvol en profesioneel gewees het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe arrogant! En ek het nuus vir wittes hier. Sy is nie jou vriend nie. Sy voel vere vir wittes en sal vir jou sê om terug te gaan na Europa.

Xain ·

Ek sien julle kommentaar en ek stem nie saam nie. Van wanneer af word “reg op lewe en gesondheid” gekoppel aan jou herkoms of geld en so aan.
Dit is wel hoe dit nou werk, maar hoekom saamstem as jy weet dis verkeerd? Is ons nie juis daar om ander te help nie.
Ons – wat so kerm oor geld, koop twee witbrode minder en help ‘n werklik arm persoon.

Jr ·

Zenophobia, die African word vir rassisme. Vir hulle is dit n verbloeming van wat dit eintlik is. Swartes is xenophobic want hulle kan nie rassisties wees nie. Almal sê sy is reg, maar as dit n wit persoon dit gesê was daar nou n storm uit gebars

Marthinus W ·

Ek kry my medikasie by die Boksburg Hosp (Tambo Memorial). Buitelandse swart mans pik op ons wittes. n Paar maande gelede, nadat ek my pille gekry het, het hulle hande geklap toe ek by die apteek uitloop. Hulle spog hoe hulle ons mediese dienste vir spotgoedkoop gebruik.

Nettie ·

Wel, sy maak eintlik baie goeie standpunte!! En ek dink sy is reg, en dit is onregverdig. Dit is ongelukkig net nie die tyd en die plek gewees nie, en die arme pasient moes so bang en vernederd gevoel het, veral toe almal lag. Miskien moet hierdie op ‘n ander manier aangespreek word as om net die LUR af te dank, want sy het geldige punte gemaak, op ‘n manier wat die gemiddelde persoon kan verstaan! In plaas van die gemompel van sekere ministers wat net “sharraap” kan skree as verdediging. Sy het goeie taal gebruik, nie woedende oorreaksie getoon nie en nie fisies geraak nie.

Blikkies ·

Ek stem nogal heelhartig saam met haar , en baie teleurgesteld oor die DA se uitspraak hieroor.

Wat op dees Aarde ·

Die DA is al geruime tyd besig om van die wa af te val. Hulle het definitief my stem verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.