Taverne-eienaar in hof

(Foto: AFP)

Die eienaar van die Enyobeni-taverne in Scenery Park in Oos-Londen, het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn in verband met die verkoop van drank aan minderjariges.

Siyakwamkela Ndevu (52) se hofverskyning hou verband met die 21 tieners wat in Julie in die taverne omgekom het. Hulle het klaarblyklik metanol in hul bloedstroom gehad ten tyde van hul dood.

Daar is egter in dié stadium nog nie afdoende bewyse oor die presiese oorsaak van die tieners se dood nie en die polisie ondersoek nog die saak.

Ndevu het in die landdroshof in Oos-Londen op aanklagte van die oortreding van die Drankwet verskyn. Dit volg nadat die Oos-Kaapse Drankraad in Julie ’n klag teen Ndevu gelê het.

Volgens Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het die staat aangevoer dat die beskuldigde met twee werknemers, Xoliswa Duma en Sivuyile Ngamlana, saamgesweer het om onregmatig drank aan minderjarige persone te verkoop.

“Die polisie het die dagvaarding in Julie 2022 aan Ndevu beteken om op 19 Augustus in die hof te verskyn. Die twee werknemers is ’n opsie gegee om ’n boete te betaal,” sê Tyali.

Die NVG wag op ’n dossier van die polisie voordat daar op moontlike verdere aanklagte besluit word.

Die families van die jong kinders, sommige minderjariges, en die gemeenskap wat geraak word, is angstig om te sien dat geregtigheid vir die kinders geskied.

“Die NVG is verbind tot ’n slagoffer-gesentreerde benadering wat geregtigheid prioritiseer vir misdade wat gepleeg word teen die mees kwesbares in ons samelewing, veral vroue en kinders. Die NVG sal hierdie saak noukeurig monitor en met die polisie in gesprek tree om te verseker dat die saak vinnig afgehandel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

domheks ·

“angstig om te sien dat geregtigheid vir die kinders geskied.”
Waar was die wonderlike ouers toe hulle kinders in die strate was? Maklik om skuld op iemand anders te pak.

Philip ·

Ek het van dag een die gebruik van Methalated spirits BLOU TREIN as die byvoegmiddel vir die skop daarvan genoem.

Francois ·

My vermoede is 80% en meer van sjebiens het onder ouderdom drinkers op hulle persele, SAPS weet dit, want hulle drink saam daar.

Lillian ·

Dié taverne eienaar is nie alleen skuldig nie. Waars die ouers van die minderjariges? Waar’s dié wat hul die “home made” brousel gegee het om te drink?

SjN ·

Almal word beskuldig behalwe die wat in elk geval nie daar mag en behoort te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.