Die departement van staatsdiens en administrasie sal optree teen staatsamptenare wat Woensdag aan die massastaking deelneem deur hul betaling te weerhou.
Alles vir Woensdag 24 Augustus 2022
Meghan Markle vertel oor brand in babakamer tydens SA besoek
Die hertogin van Sussex het oor dié angswekkende voorval in die eerste episode van haar langverwagte Spotify-podsendingreeks gesels.
Chevonne Rusch se ma in hegtenis geneem
“Dit het uitgekom dat die ma bewus was van Chevonne se beweerde mishandeling en aanranding.”
Boulers se kolwe praat deesdae saam
Toe Mark Boucher destyds die afrigtersleisels van die Proteas vasgevat het, was een van sy doelwitte om te sien dat die Suid-Afrikaanse boulers ook ’n noemenswaardige bydrae met die wilgerlat maak.
McGregor-gedigtefees vier dekade van woordkuns
“Ons is dankbaar dat so baie digters en woordliefhebbers ons visie oor die jare met uitbundige passie en vrygewigheid ondersteun het.”
Flip Buys deur GHA vereer
Aspirant- en ervare digters kan nou ook aan die GHA se jaarlikse digkompetisie deelneem.
Tshwane-kragvoorstel: Koalisievennote verenig; ondersoek kom
ʼn Onafhanklike ondersoek gaan gedoen word oor die bod en onbehoorlike bewerings wat verband hou met die moontlike verhuring van grond vir die vestiging van ʼn alternatiewe kragbron vir Pretoria.
Nog 11 ‘aanhitsers’ vas ná onluste
Nog 11 beweerde aanhitsers is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die onluste wat dele van KwaZulu-Natal en Gauteng verlede jaar geruk het.
Pretoria-krag: Tshwane sê hy sal betaal
Die Tshwane-metro is van voorneme om sy Eskom-rekening te vereffen, maar meen die kragvoorsiener tree nie reg op nie.
32 honde gered ná onwettige jag op Vrystaat-plaas
“Dit is skokkend om te sien hoe hulle die honde behandel. Ons kan ons net probeer indink in watter wreedheid hulle moes leef.”
Betogings lê Oos-Kaapse boere lam
Die boere het veral hul misnoeë uitgespreek oor die polisie wat “net staan en toekyk het” terwyl betogers amok maak.
Gedagte vir die dag: Die klop aan die deur
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet. (Openbaring 3:20)