Gedagte vir die dag: Die klop aan die deur

hartseer-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet. (Openbaring 3:20)

Kan jy hoor hoe Jesus aan die deur van jou hart klop? Hy wil vandag saam met my en jou eet. Hy wil betrokke raak by dit wat ons doen. Hy wil ons help.

Sal jy vandag die deur van jou hart oopmaak en Hom laat inkom? Onthou, ons Here Jesus is ’n gentleman. Hy sal nie die deur van jou hart oopbreek nie. Hy wag by die deur, nie as ’n hawelose wat skuiling soek nie, maar eerder as die Hoof van die huis wat wag dat sy dienaar dadelik reageer op sy klop. Kom ons verwelkom Hom vandag tuis.

Daar was eenmaal ’n meulenaar wat te besig was om geld te maak om bekommerd te wees oor sy geestelike gesondheid. Maar toe word die ou meulenaar baie siek. Hy het sy familie gevra om sy bed langs die meul te sit sodat hy kon hoor hoe die mielies gemaal word, want dit was hoe hy sy geld verdien het. ’n Leraar het na die meulenaar toe gekom waar hy op sy sterfbed gelê het. Hy het met die meulenaar probeer praat oor lewe ná die dood en verlossing, maar die meulenaar het gesê: “Ek kan jou nie hoor nie! Die geraas van die meul is te veel.” Hy kon nie hoor dat Christus aan die deur van sy hart klop nie omdat die geluid van geldmaak alle ander dinge uitgedoof het.

Ek en jy moet oppas dat ons nie so besig raak met die dinge van die wêreld dat ons vergeet van ons ewige verlossing nie. Luister vir Jesus se klop aan die deur van jou hart. Laat Hom in.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.