Betogings lê Oos-Kaapse boere lam

Argieffoto (Foto: Elmond jiyane/GCIS)

Boere in die Oos-Kaap is moedeloos met voortdurende betogings oor dienslewering wat groot finansiële verliese vir die boerderygemeenskap tot gevolg het.

Boere moes sedert verlede jaar keer op keer staan en toekyk hoe paaie na markte versper word, kragtoevoer na plase afgesny en infrastruktuur vernietig word.

Boonop is die boere ontevrede oor die polisie se aksies tydens die betogings en dat boere uiteindelik self moet inspring en spreekwoordelike vure doodslaan om hul boerderye te beskerm.

Diensleweringsbetogings is sowat drie weke gelede in die Rocklands- en Kariega-omgewing aangemeld. Inwoners van die Kwa Nobuhle-nedersetting naby Kariega het beter dienslewering en ook toekenning van erwe in die nedersetting geëis.

Volgens Pieter Cloete, voorsitter van Agri Oos-Kaap, het inwoners die R334-pad tussen Rocklands en Kariega met brandende bande versper, infrastruktuur vernietig en ook kragpale afgesny. Een van die boere het ook brandskade op sy plaas gehad.

Gevolglik het plase en kleinhoewe in die omgewing vir dae lank sonder krag gesit.

“Die betogers teiken nie soseer die plase self nie, maar hulle sny die boere se krag af om aandag te trek en te hoop dienslewering verbeter,” sê Cloete.

Behalwe dat boere dan sonder krag moet sukkel of ekstra onkostes vir alternatiewe kragopwekking aangaan, stel dit ook inwoners se lewens in gevaar.

“Daar is ouer mense op die plase of kleinhoewes wat vir hul lewens vrees wanneer die krag af is omdat hul alarms en elektriese bedrading ook dan af is,” vertel Johan Rademeyer, voorsitter van die Van Stadensrivier-boerevereniging.

Rademeyer sê met die vorige betogings waardeur die Rocklands-omgewing ook lamgelê is, moes die kragpale teen ʼn koste van sowat R800 000 vervang word.

“Elke keer moet daar hope geld vir die skade opgedok word.”

Cloete sê die groter landbougemeenskap word geraak deurdat boere, veral sitrus- en hoenderboere, nie hul produkte na markte en verspreidingspunte kan vervoer nie omdat die paaie versper word. Van die boere se werkers kon ook nie by die werk uitkom nie.

Volgens Cloete en Rademeyer is die situasie tans kalm.

Betogings is ook in Junie in die Hankey in die Gamtoosvallei aangemeld.

Volgens Grewar Oosthuizen, ʼn verteenwoordiger van die Gamtoosvallei-landbouvereniging, wat Hankey en Patensie insluit, het dié betogings gegaan oor ontevredenheid met die teenwoordigheid van buitelandse burgers in die omgewing.

Tydens hierdie betogings was die hoofpad deur die dorp vir dae gesluit, wat veroorsaak het dat kinders nie skool toe kon gaan of werkers by die werk kon uitkom nie.

Trae polisieoptrede

Die boere het veral hul misnoeë uitgespreek oor die polisie wat tydens betogings “net staan en toekyk,” terwyl betogers amok maak.

“Met die laaste betogings was die boere genoop om die paaie self oop te maak. Die polisie het nie genoeg mannekrag nie en is te bang om in te gryp,” sê Cloete.

Volgens Oosthuizen misluk die polisie in die uitvoering van sy mandaat om die gemeenskap teen geweld (gewelddadige betogings) te beskerm.

“Hulle tree ook nie binne die wet op deur die aanhitsers in hegtenis te neem nie.”

Hy meen die versperde paaie sou ook lankal oopgestel gewees het as die polisie vinnig opgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

Wanneer speel die Bokke weer? Waar gaan Suid Afrika medaljes oes? Solank ons toelaat dat die regering ons bedwelm met sport en ons 1 is met hul reënboognasie gaan alles net versleg. Daar is ‘n ander pad om te volg, maar die is aanvanklik moeiliker.

Kokerboom ·

Pieter, onthou wat Eugene Terreblanche gese het oor sog. reenboognasie

Groen Ghoen ·

Jy het deur die rookskerm die waarheid raakgesien, Pieter. Dit is die resep van die Romeine toegepas op S.A. Baie slim gedoen en dit werk. Ongelukkig.

Hannes ·

Brandstigting en infrastruktuur vernietig is krimineel, die regering her-doop dit na “betogings” en nou is dit wettig?

Frank ·

Ekonomiese terrorisme, hoogverraad teen die land en sy mense! Noem hom op sy naam, liewe regering!

Lourens ·

Ek wens die media wil ophou om dit betogings te noem, maar eerder die korrekte woorde gebruik. Hierdie is oproerigheid.

marius ·

Die sogenaamde leiers van die hool stel die voorbeeld vir die gepeupel . Dis die waarheid .

Marius ·

Betogings oor dienslewering ??? Regtig , maar hulle het dan daarvoor gestem in die eerste plek.
Dit is hoekom werkloosheid so hoog is in die land , want hulle soek elke dag n rede om nie te werk nie.

Kokerboom ·

Dis terrorisme in verskuilde vorm. Die wat minste betaal vir dienste raas en verwoes die meeste. Dis tyd dat die Staatspresident kollektief aanspreeklik gehou word vir die rampokker stand wat sy regering die land gedompel het!!!

Samuel ·

Die polisie dien die politici en hulle wil is om die ekonomie te vernietig.

Di ·

Dis nie betogers nie, dit is TERRORISTE. So verwoes hulle stuk stuk die land. DAGVAAR die korrupte Rgering wat DIT in werking gestel het en dus moet HULLE die gelag betaal.

Rudolf ·

Dit gaan niks help nie. Belastinggeld sal moet gebruik word om die gelag te betaal.

Harley Davidson ·

Die sa polisie in sa is nie regte polisie nie die verskil tussen hulle en die terroriste is hulle dra uniforms.

domheks ·

Polisie hou toesig dat die betogers goeie werk doen – in opdrag van HOED!

Republikein in die Wes Kaap ·

Pragtige wêreld daar. Maar ongelukkig morsdood en deel van die verlede. Boere moet aanbeweeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.