Tshwane-kragvoorstel: Koalisievennote verenig; ondersoek kom

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Onafhanklike ondersoek gaan gedoen word oor die bod en onbehoorlike bewerings wat verband hou met die moontlike verhuring van grond vir die vestiging van ʼn alternatiewe kragbron vir Pretoria.

Die toesiggroep van die veelpartykoalisie in die Tshwane-metro het Dinsdag oor dié kwessie vergader en ooreengekom dat die ondersoek binne die volgende 60 dae afgehandel sal word en dat die uitkoms daarvan aan die koalisiestrukture voorgelê sal word voordat dit openbaar gemaak word.

Randall Williams, burgemeester van Tshwane, moes behoorlik vure doodslaan oor ʼn verslag, wat verlede Dinsdag voor die raad gedien het, oor ʼn alternatiewe kragaanleg vir Pretoria.

Die verslag is intussen onttrek nadat die ANC, EFF en ActionSA ʼn reusebohaai opgeskop het.

Dié verslag gee die stadsbestuurder toestemming om ʼn openbaredeelnameproses oor die moontlike verhuring van die grond, gedeeltes van die standplase Rooiwal en Pretoria-dorp, asook Townlands 351-JR (waarop twee bestaande ongebruikte kragsentrales geleë is), van stapel te stuur.

Die voorstel is dat die energiediensverskaffer toestemming kry om die Pretoria-Wes- en Rooiwal-kragsentrales op te knap, te finansier, te bedryf en in stand te hou. Die projek behels ʼn koste van R26 miljard.

Die koalisievennote – bestaande uit die DA, ActionSA, die VF Plus, die ACDP, Cope en die IVP – het tydens die vergadering gesê om inwoners se kwesbaarheid rakende Eskom-beurtkrag op te los, is ʼn hoofmikpunt wat deur ʼn mededingende verkrygingsproses bereik moet word.

Die koalisie het verder besluit dat alle vennote verbind bly tot die koalisieregering en tot skoon regering. Die koalisie is toegewyd om alle vorme van korrupsie, onreëlmatighede en wanbestuur te bekamp.

Williams is daarvan beskuldig dat hy – luidens ʼn stemopname wat versprei word – ingemeng het met die verkrygingsbestuursproses.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

quartus ·

Action sa is maar n klomp draad sitters…eers le hulle saam die cANCer en effers in n stroois…en nou weer terug na die da en vf en koalisie in n huis…hulle moet vinneg wakker word en die realiteit begin besef…klim vd draad af en besluit saam wie wil hulle boer!!!

domheks ·

Daar moet maar ALTYD skeef getrek word! Veelpartykoalisie moet besef elkeen kan nie sy eie pad volg nie. As ons van cANCer ontslae wil raak moet daar saamgewerk word!

007 ·

Wat het van Pellindaba kernkrag sentrale geword. Of is dit nou net ‘n monument uit die Ou SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.