32 honde gered ná onwettige jag op Vrystaat-plaas

(Foto: DBV)

Drie van die 32 windhonde waarop beslag gelê is nadat ʼn groep onwettige jagters op ʼn plaas in die Vrystaat in hegtenis geneem is, moes van kant gemaak word.

Nege mans is Sondag op ʼn plaas in die Goedemoed-omgewing in die Rouxville-distrik in hegtenis geneem vir onwettige jag en daar is op die windhonde beslag gelê.

“Ons het nie geweet wat om te verwag nie. Gewoonlik behels klagtes oor onwettige jag twee of drie honde, dié keer was daar 32 honde. Toe ons by die polisiestasie aankom, was ek geskok om daardie honde in die selle te sien,” het Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV in Bloemfontein, gesê.

Die windhonde is deur die Bloemfontein DBV ingeneem. Drie van die honde moes weens ernstige beserings en siekte van kant gemaak word.

Volgens Meyer is die meeste van die honde erg ondergewig en siek, en het hulle talle ou frakture wat veroorsaak dat hulle sukkel om te loop. “Ons kon nie glo dat hulle vir jagdoeleindes gebruik is nie.” Een van die tewe met ʼn neusbreuk en ʼn septiese wond het gesukkel om normaal asem te haal.

Die toestand van die honde wys volgens Meyer daarop dat hulle moontlik vasgeketting of ingehok was wanneer hulle nie vir jag gebruik is nie. “Dit is skokkend om te sien hoe hulle die honde behandel. Ons kan ons net probeer indink in watter wreedheid hulle moes leef.”

Volgens Meyer word die honde uitgehonger om die sukses van ʼn jagtog te verseker. “Dit is georganiseerde misdaad, want die jagters sal gaan jag en kyk wie se hond is eerste om iets te vang en dood te maak. Hulle wed geld op die honde om te sien watter hond kan die grootste prooi jag.”

Die meeste van die onwettige jagters wat in hegtenis geneem is, is glo van die Oos-Kaap. “Hierdie soort jagtogte is wreed en vernietigend. Daar is tye wanneer die hond net die dier sal beseer en die jagter sal die prooi met ʼn knopkierie slaan of die dier steek totdat dit dood is.”

Meyer het gesê die honde benodig mediese aandag en het ʼn beroep op skenkings gedoen om die koste daarvan te dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

wilhelm ·

Mense is wreed teen oor diere dis hartseer dat die mens so optree

wilhelm ·

As homde mense byt word hul meestal uitgesit maar wat van mense wat diere seer maak ons kort strenger wetgewing!!

AW ·

As die MM leser, maar net SIEN, wat ek Sien op n Weeklikse basis, hier in die Oos Kaap !!

Hannelize ·

‘n Vriendin van my foster honde veral wat gebruik was vir jag. & wat ek gehoor het breek my hart. Ek hoop om nooit 1 dag so iets te sien nie. Maar ek bid as ek so iets sien dat ek daai hond/e kan red uit die gemors se hand.

Snowball ·

Iemand wat Windhonde ken, sal weet hulle is die mees saggeaarde, dierbaarste en liefdevolste honde wat jy kan kry. Hoe hierdie goed so met hulle werk en hulle so verinneweer en mishandel is net afskuwelik. Daai diere het meer inbors as die skuim wat hulle so opmors.

Snowball ·

Myne was ‘n ‘rescue’. 15 jaar oud, 13 jaar by ons, moes haar in Maart van ouderdom en pyn verlos. My hart nog steeds flenters en hierdie artikel se foto met hulle plategetrekte ore laat my onthou hoe daai spitsgesiggie elke oggend by die agterdeur gewag het.

KAIROS ·

Ek is bietter lief vir diere en mense dink ek is wreed, maar ek hoop regtig hulle sit al daai honde uit

007 ·

Laat die ANC betaal vir die versorging van die honde. Dit is afterall hulle hoofkantoor die EC.
Ek sal een van die windhonde aanneem.

Papsak ·

Nou daar n mooi voorbeeld hoe wreed hulle kan wees kyk na daai diere hoe lyk hulle hulle is nie mense nie maar trap spore soos n mens wreed bly hulle want hulle voel niks vir niemand nie hulle moet van kant gemaak word nie die diere nie is n skande gemors

PieterJ ·

Hoe mens diere behandel, wat nie vir hulself kan praat of baklei nie, sê oneindig baie van jouself….

Nadine ·

Hierdie is so hartseer om te hoor hoe die honde misbruik en verwaarloos is. Ek hoop die mens of mense wat dit aan hulle gedoen het word ook in selle toegesluit. Gin dier verdien om so behandel te word nie :(

Madelein ·

Ek is n groot diere liefhebber en artikels soos die maak my woedend. Mag elke persoon wat diere mishandel sy dag kry!

Pietie ·

Windhonde is saggeaarde diere. Ek het ookal gesien hoe hulle gebruik word vir jag, hoe ape hulle kele oopskeur. Arme diere, die mensdom darem,

Di ·

Dis ongelukkig hoe hulle IS! Meeste voel nie ‘n veer vir hulle eie kinders of ma’s nie, waarvoor sal hulle omgee vir diere????? Kyk maar net na al die nuusberigte rodom verkragtings, moord en aanrandings op hulle eie familielede, dit spreek BOEKDELE

Miena ·

Die moraal van die land en burger word gemeet in hoe diere, ouer-mense en kinders behandel word. Wanneer daar n gebrek van enige morele waarde, empatie, simpatie of gevoel aan n persoon ontbreek wat so n daad kan verrig teenoor n ander lewende wese – dan laat sak ek my kop in skaamte, hartseer en woede want ek wil nie (in this day and age) met die tipe geassosiseer word as n trotse produk / burger van SA nie. Ek wil nie eers hardop noem wat ek dink van so n suurstof dief dan nie!!!

Blikkies ·

Dis tyd dat daai diere mishandelaars bietjie aan kettings vasgemaak word en verinneweer word sonder kos en water dat hulle ook nou maar uitgesit moet word. Dis al taal wat hulle gaan verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.